“Ons kan nie toelaat dat Afrikaans as ’n middel van uitsluiting en verdrukking gebruik word nie,” sê dr. Blade Nzimande.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "#AfrikaansMustFall"
#JongStemme: Geen taal moet val nie
Wanneer mense en regerings verkeerd opgetree het, kan ’n taal nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie, skryf Dalena d’Assonville.
AfriForum: ‘EFF wil Tuks-kampus onregeerbaar maak’
Die EFF se stryd teen Afrikaans is net ʼn volgende stap in sy veldtog om die kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) onregeerbaar te maak met die oog op mobilisering en publisiteit vir die komende munisipale verkiesing, het AfriForum Maandag gesê.
27 Tuks-betogers in hof
Die studente van die Universiteit van Pretoria (UP) wat van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging aangekla is ná ʼn betoging Vrydag voor die hekke van die universiteit het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Tuks-betoging: Memorandum van eise aan bestuur oorhandig
Die #UPBlackMonday-beweging se eise sluit in dat die naam ‘Tuks’ glad nie meer gebruik word nie, dat geslags- en rassekwotas by alle departemente ingestel word en dat alle Afrikaanse koshuis- en daghuis-tradisies afgeskaf word.
[Video] Polisie na Tuks-kampus ontbied
Gemoedere loop hoog op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) waar die polisie nou ontbied is om die situasie in bedwang te bring.
[Video] Tuks weer gesluit ná geweld
Klasse op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) is Maandag opgeskort nadat betogers weereens die kampus bestorm en klasse ontwrig het.
Studente moet hulself kan beskerm, sê AfriForum
AfriForum ondersteun die reg van AfriForum Jeug-lede en ondersteuners om hulself binne die raamwerk van die wet teen die EFF en ander radikale groepe se aggressiewe dade by die Universiteit van Pretoria (UP) en ander kampusse te beskerm.
27 vas ná Tuks-betoging
Die polisie het gesê betogers het gewelddadig geraak, klippe na joernaliste en voertuie gegooi en polisievoertuie beskadig. Die polisie moes uiteindelik rubberkoeëls afvuur om die groep betogers uitmekaar te jaag.
Tuks-kampusse gesluit oor ‘dreigemente’
Die Universiteit van Pretoria (UP) het Vrydag sy Hatfield- en Groenkloofkampusse gesluit nadat dreigemente ontvang is dat akademiese aktiwiteite ontwrig sal word.