Die Universiteit van Pretoria (UP) het Vrydag sy Hatfield- en Groenkloofkampusse gesluit nadat dreigemente ontvang is dat akademiese aktiwiteite ontwrig sal word.
Dit kom nadat EFF-lede Donderdag oproerig geraak het tydens ʼn openbare vergadering om die universiteit se taalbeleid te bespreek en lede van AfriForum Jeug na bewering aangerand is.
Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, wou nie Vrydagoggend spesifiseer wie die universiteit gedreig het nie en het gesê dit is maar “van oraloor” ontvang. Sy het gesê daar was geen voorvalle van geweld Vrydag wat die besluit om die kampusse te sluit genoodsaak het nie en dit is bloot as voorkomingsmaatreël gedoen.
Die universiteitsbestuur het Donderdagaand op Facebook aangekondig die vergadering met studentegroepe wat vir Vrydag geskeduleer is, is uitgestel. Die onderskeie studentegroepe is gevra om eerder hul terugvoer oor die voorgestelde wysigings in die universiteit se taalbeleid per e-pos aan die universiteit te stuur.
Volgens Bouwer is dit nog nie duidelik wanneer die beplande vergadering sal plaasvind nie en sal dit met verloop van tyd aangekondig word.
Intussen het oproerige studente weer by die Hatfield-kampus bymekaargekom waar ʼn streng polisieteenwoordigheid heers.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
39 Kommentare
Is dit studente of EFF straatrampokkers wat hulle op alle kampusse inwurm. Die meeste van hierdie studente kan ook nie ordentlik Engels praat nie. Baie hoort nie daar nie.
Waar is die menseregte mense nou hoekom so stil of is hulle besig om hulle standaard te verlaag
Die EFF se hele doel is om die Afrikaner so te tart dat ons gaan reageer en dan is dit oorlog. Dit is almal se doel. Hulle tart ons.
# NEW SA WILL FALL – under the struggle for the struggle against struggling to struggle, heheheheheheheee
Ai my ou volkie! Dit het nou tyd geword dat ons die engelse spreekwoord “nice guys come second” ernstig opneem.