Geen plek vir Afrikaans by universiteite – Nzimande

stellenbosch

Universiteit Stellenbosch

“Ons kan nie toelaat dat Afrikaans as ’n middel van uitsluiting en verdrukking gebruik word nie.”

Só het dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, wetenskap en tegnologie, Dinsdag in ’n verklaring gesê. Hy het gereageer op die Konstitusionele Hof se beslissing verlede week dat die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid van 2016 grondwetlik geregverdig is. Die US se 2016-beleid gee voorkeur aan Engels as onderrigtaal, terwyl klasse in Afrikaans aangebied sal word indien dit redelik en prakties uitvoerbaar is.

Nzimande het dié uitspraak verwelkom.

“Hoewel Afrikaans een van net drie tale ter wêreld is wat gedurende die afgelope eeu die status van akademiese taal verwerf het, kan ons dit nie gebruik as ’n manier om die rassistiese agenda van Afrikanernasionaliste te bevorder, soos die geval was onder apartheid nie,” het Nzimande gesê.

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Hy sê die hof se beslissing sal die uitkomste van die hersiene Taalbeleid van Hoër Onderwys beïnvloed. Dié beleid is na die Raad op Hoër Onderwys verwys vir insette voor dit gefinaliseer word.

Die doel van hierdie beleid, sê Nzimande, is om ’n raamwerk te verskaf waarvolgens al 11 amptelike tale ontwikkel en versterk kan word. “Die fokus sal veral wees op die ontwikkeling van Afrikatale as tale van leer, navorsing en kommunikasie aan universiteite.”

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het hom Dinsdag sterk uitgespreek teen Nzimande se uitlatings.

“Die SA Akademie distansieer hom met groot nadruk van dr. Blade Nzimande se uitgediende stereotipering van die Afrikaanse taalgemeenskap,” lui sy verklaring.

“Om stééds in 2019 te wil argumenteer dat die gebruik van Afrikaans, ’n inheemse taal wat ten volle ontwikkel het as ’n akademiese en wetenskaptaal, ’n middel is om “’n bekrompe en rassistiese Afrikanernasionalistiese agenda na te streef soos in apartheid” is nie net ’n belediging vir ons taalgemeenskap nie, maar ’n powere poging om politieke munt te slaan uit die Konstitusionele Hof se uitspraak oor Universiteit Stellenbosch se taalbeleid,” sê prof. Anne-Marie Beukes, hoof- uitvoerende beampte van die SA Akademie.

Die SA Akademie is bekommerd dat die minister die hofuitspraak as “’n oorwinning” oor ’n vermeende Afrikaanse hegemonie beskou. “Ons wys egter graag die minister daarop dat die hegemonie van Afrikaans wat 30 jaar gelede in die tagtigerjare in die hoër onderwys bestaan het, nou vervang is met ’n Engelse hegemonie, ten koste van ons inheemse tale. Afrikaans is tot onlangs slegs op enkele universiteitskampusse saam met ander tale gebruik,” sê Beukes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Michael P ·

Geagte Dr Blade waar kom jou Dr’s graad vandaan Het jy ook jou graad gekry waar Pallo Jordan syne gekry het?

Lood Kurkprop ·

Blade het meer punte vir sy Afrikaanse matriek vraestel gekry as vir sy Engelse vraestel….can you imagine that!

Peper ·

die D in sy dr is nie groot nie… So ook sy intelek… Kan wel ‘n groot D vir hom in ander woord plaas…
Shame, sy eie taal het nie eers ‘n woord vir IDIOTIC nie…

Dewald vd Berg ·

Afrikaans sal nooit verdwyn nie en net sterker en sterker vestig in ons harte en menswees. Solidariteit se opvoedkundige instansies sal in die nabye toekoms wêreldklas studente oplewer wat op hul spesialis gebiede ander landgenote in die skadu sal stel. Die geagte kommie minister is soos al sy politieke vennote bibberend bevrees omdat die Afrikaner dag vir dag sterker word en hulle niks kan doen om dit te keer nie. Sy uitgediende retoriek is ń bewys hoe arm hulle is aan nuwe planne om ons aan bande te lê. Die TAAL stoom voort en hulle kyk magteloos toe.

Anel ·

Kan net nie verstaan hoekom daar 3 engelse universiteite in een dorp moet wees nie.
Hoeveel het nzimande bygedra tot enige een van hulle in elke geval.

Henry ·

Was dit nie vir Afrikaans nie sou nie een van die universiteite tot stand gekom het nie. Dan het ons almal nog onder ‘n boom skool gehou. Ek weet regtig nie hoekom Afrikaans vir die mense so ‘n bedryging in hou nie. Dalk is dit dan ‘n goeie ding dat solidariteit die universiteit nou afhandel. En gee ons kinders behoorlike opleiding vir die werksmark daar buite. Die huidige universiteite is nie na wense nie want ons kan sien hoe onbevoeg die geleerdes in die werkplek is . Gee elke taal sy plekkie onder die son. Sou jy onderrig in jou moedertaal wil kry dat dit so vir jou gedoen kan word. Hands off Afrikaans

Hannetjie ·

Nee..eintlik master of disaster….voel sommet lys en steek my tong uit.. soos Charlotte…..Ons Afrikaanses se Engels …is baie beter as sommige ‘engelssprekende’ mense se engels…so…vatso! katvis

LANA ·

Blade, jou uitlatings is glad nie so skerp soos jou naam nie.

Koos de Meyer. ·

Die Bybel sê, antwoord ‘n dwaas nie in sy sotheid nie.

Pop ·

Ag ou Blade, hou maar die universiteite wat julle nou julle sn noem, ons sal maar weereens ons eie bou. Solidariteit, ons kort n paar universiteite. Ons sal meer betaal elke maand, maar bou hulle asb spoediglik.

Piesang ·

Ek het vir jou ‘n goeie Afrikaanse antwoord “dr” watsenaam: Jou skroefdraad!

Pieter ·

Wanneer gaan ons blankes die ANC regering op hulle plek sit of gaan ons wag dat daar net mooi niks oor is nie en dan wil wakker skrik

Doempie ·

Nou toe dan Pieter, jy wat nou vir ander wil aansê om iets te doen. Begin jy dan sommer iets doen. Of sit jy maar ook net en wag jy vir ander?

Jacques ·

Die laaste keer wat ek gekyk het was Afrikaans een van die amptelike tale van die hool gewees , so Dr. Blade jou het jou graad seker in Grieks gekry ??

George in Bloem ·

Duidelik nie die skerpste Blade in die kombuislaai nie. Dalk moet jy vir ons mooi verduidelik hoe jy Afrikaner nasionalisme gaan bevorder met die gebruik van Afrikaans as meer mense van kleur in die land Afrikaans praat as blankes. Soos gewoonlik weer nie mooi gedink voor die bekkie gerek is nie ne ou Blade? Daai los draadjie tussen mond en brein pla maar ‘n bietjie sien ek?

Waarheid ·

O maar hulle is bang vir Afrikaans!!
Mooi so!
Bly bang!!

James ·

Wat weet jy ou kommunis?
Daar wag n grooooot verrassing vir jou met Akademia en die Afrikaanse Taal!!!
He he he

Peet ·

Ja Blade, hy wat nie weet dat hy nie weet nie, raak sulke populustiese twak kwyt. Dalk moet jy jou uitlatings bevestig met ‘n worsbroodjie en t-hemp. Die res van ons weet beter.

Hansie Slim ·

Hy en panja lesufi kon al 3 twana skole in pretoria gebou het met al die geld wat nie gespandeer is in die begrootting. Gaan speel met jou lur’e. Dis pouse is nou nou verby dan moet jy klas toe kom! Maak gou!

Sarel ·

Waarom konsentreer jy nie om opleiding vir jou eie moedertaal te ontwikkel nie? Juis afrikaanse instellings kan vir jou die deurslag gee. Maar sien ons is nie bang om met ons afrikaanse opleiding en grade die wêreld in te gaan, maar dit wil vir my voorkom asof jy nie dieselfde daaroor voel om hierdie wêreld in te gaan met ‘n graad in jou taal af gestudeer nie…… dit sê baie. Jy het niks om te verloor nou sal jy maar aangaan. Gaan propageer eerder jou volkseie wysies. Dit kan dalk net wedersydse respek verower.

Sonja ·

Baie dink soos ek. Daar is nie medikasie vir hierdie onbosel uitlatings nie

Msp ·

Moet julle nie oor lemmetjie ontstel nie, hy is vas aan die slaap, Afrikaners is reeds besig om hulle eie ding te doen. Ons het sy negative houding nie nodig nie. Ons doen wat die beste is vir die Afrikaners met ons eie geld. Help hiermee deur Solidariteit en Afriform te ondersteun

Anton Smith ·

Dankie Msp!!Ek ondersteun jou ten volle!!Lyk my lemmetjie beskik nie rerig oor kennis insake die kompleksiteit van tale nie!Een taal soos Afrikaans kan NIE sommer net so weggegooi word,as ONDERRIGMEDIUM nie,Sodoende sal n Groot deel van die SA gemeenskap by die onderrig proses uitgesluit word!!Nee,Mnr Nzmandi jou ongegronde uitlatings sal NOOIT ter tafel gelê word OF ooit n werklikheid word nie!!Konsentreer eerder op SAMEWERKING tussen taalgroepe op kampus en n werkbare plan van aksie om hierdie taalkwessies aan te spreek!!

sweis ·

Die regering voel n veer vir afrikaans of die wat hom praat ,sonder n onafhanklike tuisland sal meer en meer van ons gevat word todat ons vreemdelinge is in hierdie piesang republiek.

Kallie ·

Afrikaans gaan as amptelike taal gepos word. Dis net ‘n kwessie van tyd. Tog is daar Afrikaners wat steeds glo dat hulle sal en kan groei en oorleef in hierdie hool. Hoe naief kan mens wees. Intussen word duisende Afrikaners se belastinggeld gebruik om ons nog verder te onderdruk.

K P ·

Jy het seker nog nie mooi gaan kyk hoe het engeland Afrika onderdruk vir baie lank. As daar een taal van n verdrukker is, is dit Engels wat julle so aanhang en te onnosel julle word bv dat vir die oë gedraai. Onthou mooi hoe het die opstande begin in 76 nadat n taal glo op mense afforseer is. Moet nie jou verdrukkende taal op almal afforseer

JJ ·

Hulle kan eers Engels ordentlik praat nie.
Blade onthou net History repeats it self.

Willem Grobler ·

Ons moet wegkom van hierdie nuwe Milners af – hulle doen regtig moeite om ons onder te ploeg.

Vossie ·

Miskien moet Blade vir n slag deur sy bril kyk en nie bo oor.

Johanna Botha ·

Ag ou blade ons kry ons eie plek nie jou nodig nie …wat het jy al vermag …presies !

Rubber ·

Nee wat hier gaan net kwaad word en goed se wat my voor die ANC MRK laat beland. Laat ek stil bly. Net dit, hoeveel universiteite het die, ANC gestig.

Dolf ·

Jong Afrikaners is ook verantwoordelik vir Afrikaans se ondergang. Hulle is tevrede met die toedrag van sake en is nie bereid om te veg vir die taal nie. Die volgende skuif gaan wees om wittes te beperk tot 7.5% van studente per universiteit. Die huidige generasie studente se kinders sal sonder geleerdheid en opleiding deur die lewe gaa, tensy hulle emigreer. En dit is wat die regering wil hê.

Petrus ·

Dit help nie om die menere na 25 jaar steeds te blameer nie. Daar was sedertdien genoeg tyd om iets te doen.

Flippie ·

Ja, nou word Engels en die Hof weer deur die regering gebruik om Afrikaners te marginaliseer, te karakteriseer, te demoniseer en teen te diskrimineer.

Hoekom? Want die kommunisties (SAKP) haat die Afrikaner en sal geen steen onaangeraak laat om Afrikaans en die Afrikaner totaal te vernietig nie.

Solank as wat ons die veranderinge gedweë aanvaar en die aanslag sonder weerstand en protesaksie aanvaar sal hulle voortgaan om alles wat na Afrikaans ruik te vernietig. Dit is dalk tyd dat hierdie duidelik beplande uitwissing van Afrikaans met meer as net vreedsame protes teengestaan word.

Waneer onderdrukking deur die wet of die howe gelegitimeer word – is weerstand en opstand daarteen verpligtend.

skurweberg ·

Ek wil die geagte Dr. uitnooi om na die inskakel radiostrasie 702 se opname te gaan luister wat sy eie mense se rondom moedertaalonderrig. Dinsdag 15 Oktober 2019 vanaf 22:00

Rebekah ·

Miskien moet die geagte minister eerder konsentreer op die swak resultate van onderwys as om hom te kwel oor wat n historiese afrikaanse univeristeit se taalonderrig is.

Willie ·

Dis hoekom ek niks meer vir enige van hulle doen nie…niks nie..nie n sent… Haat my kleur, haat my geld ook…

Db ·

Ou minora blade het himself al stomp gepraat en eintlik nog niks gesê nie. Hy moet oppas die miskruiers kan dalk onder sy tafel uitkruip

Arie ·

Die hele parlement is stomp!! En praat van apartheid of dit in die verlede gebeur het maar apartheid is alive and well in die anc regering!!!!!

Coenraad D van Nieketk ·

Ons moet ons nie te veel stuur aan n leier van n klein politieke party wat vasgesteek het in die verlede nie; n party met n beleid wat oral in die wêreld misluk het nie; n party wat nie eens die vermoë het om op sy eie aan n verkiesing deel te neem nie. Nee wat ons moet net aagaan en ons ding doen Blade is net soos n lastige muskiet net in die vertrek.

Chris ·

Afrika het eens gefloreer. Kyk hoe lyk dit vandag. Suid Afrika lyk ook eendag so en ons almal weet hoekom. Na 25 jaar se reverse rassisme bedrog, korrupsie, moord ens kry ons die skuld. Net snaaks dat alle rasse voor 1994 vlot Afrikaans kon praat.

Dries Moolman ·

Daar is ook nie plek vir tribes en chiefs in ‘n moderne samelewing nie, maar dit keer julle nie om dit as ‘n verskoning te gebruik om ‘ander’ uit te sluit, deur aan hierdie ‘chiefs’ ekslusiewe regte en finansiele steun te gee nie.

Een Man ·

Die ANC is die monster wat hulle so kamstig probeer veg.

Animal Farm deur en deur.

David Potgieter ·

Nie jy nie blade, nie zuma nie, nie malemma nie, niemand sal my verplig om van Afrikaans weg te doen nie.

Chris ·

T het eens gefloreer. Kyk hoe lyk dit vandag. Suid Afrika lyk ook eendag so en ons almal weet hoekom. Na 25 jaar se reverse rassisme bedrog, korrupsie, moord ens kry ons die skuld. Net snaaks dat alle rasse voor 1994 vlot Afrikaans kon praat.

Trotse Afrikaner. ·

Anna – Marie Beukes verander ASB jou naam en van na n ander taal want jy is n absolute belediging vir Afrikaans,
Hoop jou ouers en grootouers is reeds oorlede want indien nie, skaam hulle hul dood vir jou uitlatings.

Afrikaans sal oorleef want dit is n taal wat deur opregte mense gepraat word.

Afrikaans word nou as n tweedeklas taal uitgeskel.
Wat van die ander swart tale wat nou deur die swarts verwerp word. Hoor nooit dat daar iemand opstaan vir hulle taal nie.
Behalwe vir Afrikaans en die Xoi-san is daar geen ander taal waarvoor iemand opstaan nie.
Dit laat mens dink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.