Die jonges en rusteloses: Suid-Afrika se werkloosheidskrisis

(Foto: Facebook)

Deur David Ansara en Hermann Pretorius

Suid-Afrika is vasgevang in ’n werkloosheidskrisis. Die jongste werkloosheidsyfers van Statistieke Suid-Afrika toon dat die amptelike werkloosheidskoers toegeneem het tot 29% in 2Q 2019 (’n QQQ-styging van 1,4% vanaf 27,6% in 1Q 2019). Dit verteenwoordig die hoogste werkloosheidskoers sedert 2003. Die uitgebreide werkloosheidskoers, wat diegene insluit wat opgehou het om werk te soek, staan nou op 38,5% of 10,2 miljoen mense (die hoogste syfer in absolute terme).

Onder jong mense alleen is die werkloosheidskoers selfs hoër. Sowat 56,4% van jongmense tussen 15 tot 24 jaar en 35,6% van jongmense tussen 25 en 34 jaar is werkloos, volgens die amptelike definisie van werkloosheid (met toepassing van die uitgebreide definisie styg hierdie koers tot 68,3% en 45,1% onderskeidelik).

Soos ons in ’n onlangse SRO-verslag (Sentrum vir Risiko-ontleding) aangevoer het, is die grootste kombinasie potensiële mensekapitaal ook die segment met die hoogste werkloosheid.

Vroeër hierdie maand het president Cyril Ramaphosa die omvang van die huidige krisis erken.  Hy het gesê:

“[Ons] moet innoverend wees en dit kombineer met ons bereidheid om so skeppend as moontlik te wees. Ons is wesenlik in ’n diep en ernstige krisis en ons behoort nooit te rus terwyl soveel van ons landgenote nie werk het nie.”

Waarom verloor Suid-Afrika se arbeidsmark werkgeleenthede?

Die primêre rede is lae ekonomiese groei. Ons ontleding toon ’n noue verwantskap tussen groei en werkskepping. Daar was ’n beduidende afname in werkloosheid tussen 2004 en 2006, toe Suid-Afrika se reële BBP-groeikoers vir die drie opeenvolgende jare gemiddeld 5% was. Werkloosheid het in dié tyd by omtrent 23% gestaan. Omgekeerd korreleer groeikoerse van 0,7% in 2018, 0% jaar op jaar en -3,2% QQQ in 1Q 2019 met wydverspreide werkverliese. Die idee van “werklose groei” word nie deur bewyse ondersteun nie.

’n Tweede (verwante) oorsaak is die breër ekonomiese beleidsraamwerk wat ongunstig gesind is teenoor die sakegemeenskap en belegging. Om maar een voorbeeld te noem, die Mynbouhandves het nuwe belegging in die mynbousektor onderdruk. Terwyl mynbou in 2018 omtrent 427 000 formele werkgeleenthede opgelewer het, het dié syfer teen 2019 tot 376 000 poste gedaal (’n afname van 11,9% of 51 000). Verder verteenwoordig beleide soos onteiening sonder vergoeding (OSV) en die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) groeiende vyandigheid teenoor die privaat sektor.

In die derde plek is swak onderwys en lae vaardigheidsvlakke ’n kritieke swakplek in die arbeidsmark. Dit beteken dat jong mense wat die werkmark betree, swak toegerus is om aan die eise van ’n diensgerigte ekonomie te voldoen. Ongeskoolde Suid-Afrikaanse werkers loop die risiko om agtergelaat te word terwyl die Vierde Industriële Revolusie arbeidsmarkte oor die wêreld heen ontwrig.

Die vierde faktor is die arbeidsbeleid self. Suid-Afrika se diepe strukturele werkloosheid kan nie aan ’n enkele stuk wetgewing of regulasie alleen toegeskryf word nie. Onderliggend aan die hele arbeidsbeleid is die gebrekkige idee van “ordentlike werk”, wat impliseer dat werkgewers wat lae lone aanbied, inherent uitbuitend word. Hierdie beskouing word aangebied deur linksgesinde faksies in die drieledige alliansie, wat nou die regering se beleidsbepaling domineer. Let daarop dat Suid-Afrika se opkomende markmededingers, soos Viëtnam en Ethiopië, ’n ander benadering gevolg het, met hul voorkeur vir laeloonindiensneming eerder as massawerkloosheid. Suid-Afrika behoort hul voorbeeld te volg.

Die nuwe nasionale minimumloon, wat in Januarie 2019 in werking getree het, is ’n geval van ideologie wat oor ekonomie seëvier. Die beleid vereis dat werkgewers R20 per uur of R3 500 per maand betaal. Die volle uitwerking van hierdie beleid sal nog bepaal moet word, maar die implementering daarvan sluit potensieel miljoene laeloonwerkers uit die mark uit. Dit is sprekend dat werknemers van die regering se eie Uitgebreide Openbare Werke-program van die nasionale minimumloon vrygestel is en dat hulle slegs R11 per uur ontvang. Dit is ’n onuitgesproke erkenning deur die regering dat nasionale minimumlone op ’n onvolhoubaar hoë vlak gestel is.

Almal moet die reg hê om te werk en hul dienste te verkoop volgens bepalings waartoe hulle instem.  Die antwoord is om aan ’n werklose persoon sy of haar reg terug te gee om ’n kontrak te aanvaar teen voorwaardes wat vir hom of haar aanvaarbaar is.

Ons oordeel is dat die nuwe minimumloonbeleid, politieke boodskappe oor ordentlike werk en die vordering van tegnologiese innovering die indiensneming van jonger en minder ervare mense in ’n groter mate as ooit sal terughou. Die hele beleidsraamwerk is wansporig, wat groot “kreatiwiteit” van die president en sy raadgewers vereis om die krisis te hanteer.

  • David Ansara is die hoofbedryfsbeampte van die Sentrum vir Risiko-ontleding (SRO). Hermann Pretorius is ’n ontleder by die SRO. Hierdie artikel is aangepas uit die SRO se maandelikse verslag, die Macro Review.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jerry ·

Alles wat die skrywer se wat die ANC beleidsgewys en andersins verkeerd doen en wat werkloosheid en onrustigheid veroorsaak, stem ek meer saam. Wat ek kan byvoeg is dat die ANC dit doelbewus doen omrede die ANC se kaderstrukture wat diep strek binne gemeenskappe hierdie onrustiges beheer en opsweep en aanwend om uiting aan hulle woede te gee teenoor die ANC se opponente se weerstand teen sosio politieke en maatskaplike verandering (sosialisme)! Die ANC verryk die ANC kaderstrukture binne gemeenskappe doelbewus ten koste van die belastingbetaler. Die kaderstrukture skep met die “rent a crowds” wat polisie beskerming geniet, die klimaat vir verandering deur geweld en intimidasie.

John ·

Ek sien nie een werklose swart vrou onder die klomp nie, want hulle kry geredeliker werk. Hierdie mans is hoogs gefrustreerd want hulle moet die kos inbring en die huishuur betaal. Maar CR wil nog meer vroue meer bemagtig. Getroude vroue wat werk is meestal baie besitlik oor hul inkomste en verwag die mans moet meer verantwoordelikhede dra… Meer chaos en bloedvergietig wag.

Attie. ·

Ons vriend Zuma het beloof hy gaan mense aanstel en toe doen hy dit. Elke munisipaliteit en elke instansie waar die staat ‘n se het, stel toe mense aan by die 1000e. Plaas dat hy drie aanstel met een se salaris kry al drie toe groot salarisse maar daar is nie werk vir almal nie. Arme ou Zuma, hy wou net goed doen.

jaco ·

10,2 miljoen mense is werkloos, maar daars seker net 2 miljoen wit mense van werkende ouderdom. Met al die lelike goed wat van wit mense en “wit monopolie kapitaal” gesê word, behoort die werkloses dus eintlik net 2 miljoen wit mense te wees. Voeg ook daarby goed soos BEE en regstellende aksie, waar NET die “regte” velkleur werk verseker, dan is ‘n werkloosheidsyfer van 10.2 miljoen nog meer absurd.
Iewers maak iets nie sin nie.

aj ·

Bogstorie!

Daar is NIE te min werksgeleenthede nie …. daar is TEVEEL MENSE! … vir die water, kos, lug, huise, skole, hospitale, paaie ensovoorts.

Bestuur die TE VEEL MENSE PROBLEEM!

Die massas is onbevoeg om hoë tegnologie werk te doen … hulle is nie indiensneembaar nie!

Die tegnologie los die werklose massas verder en verder AGTER … hulle gaan NOOIT WEER indiens geneem word nie.

Face it!

SO-WE-TO NOW?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.