Die raad van die SAUK het Woensdag aangekondig Ian Plaatjies is aangestel as sy nuwe bedryfshoof. Plaatjies begin op 1 November in die amp.
Lees meerAlles vir Woensdag 2 Oktober 2019
OB sê Dlamini het nie parlement oor Sassa mislei nie
Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het Woensdag gesê sy kan nie stawende bewyse vind dat die voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, die parlement doelbewus oor Sassa se vermoë om toelaes te betaal, mislei het nie.
Vrystaat-polisie ‘verloor geloofwaardigheid, integriteit’
Altesaam 62 polisiebeamptes is in die laaste boekjaar afgedank weens misdade soos moord, verkragting en dwarsboming van die gereg.
SAID se omstrede inligtingshoof bedank
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het bevestig sy omstrede inligtingshoof, Mmamathe Makhekhe-Mokhuane, het met onmiddellike effek bedank.
MRK sleep Eben Etzebeth voor gelykheidshof
Die Menseregtekommissie (MRK) begin Vrydag in die gelykheidshof met regstappe teen die Springbok Eben Etzebeth.
Man in hof oor plaasaanval op bejaarde
ʼn Man, wat verdink word van ʼn aanval op ʼn 80-jarige man wat op ʼn plaas in Paulpietersburg in KwaZulu-Natal woon, sal na verwagting Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.
ToekomsVenster: Toon berou
Hy vra dit van sy kinders, nie terloops en in die verbygaan nie, maar intens en opreg. Dink daaroor na. Wat beteken dit om berou te toon?
Kommer oor toestand van strukture by Pretoriase skole
“Dit neem jare se gesmeek voor die departement iets regmaak.”
Embriologiekenner gaan getuig in tugsaak teen dokter wat aborsie glo afraai
Dr. Christopher Warton, ʼn senior dosent aan die Universiteit van Kaapstad, gaan onder meer getuig dat die lewe van ʼn onafhanklike, menslike organisme biologies reeds tydens bevrugting begin.
Watertoevoer na Gautrein-stasie in Sandton binnekort herstel
Ingevolge die ooreenkoms wat aangegaan is, sal die watertoevoer na die Sandton-stasie dus voortaan glad nie gekoppel wees aan Cedar Park of sy finansiële verpligtinge teenoor die stad nie.
65 maniere om jou vaardighede in 2020 uit te brei
“Dit help nie om net te staak soos wat die bankvakbonde wil doen met die verandering wat nou lei tot afleggings in die banksektor nie. Veerkragtigheid is die nuwe gonswoord en dit is Solidariteit se verantwoordelikheid om werknemers met die nodige kennis toe te rus om te verhoed dat hulle uit die nuwe ekonomie uitfaseer word.”
Barretts en All Blacks hardloop vir Kanadese weg
Nieu-Seelanders lyk goed selfs wanneer hulle die bal aanslaan.
Geldwassery van miljoene by KSB-sending net ‘puntjie van ysberg’
In ʼn ondersoek na ekonomiese wanpraktyke by KSB word sommige van die sendingstasie se leiers by beweerde geldwassery en diefstal betrek.
Die Ventertjies slaan nou kitaar by Universal
Die susters, wat ʼn vastrap-gunsteling geword het, het in ’n musikale huis grootgeword en het geen formele musiekopleiding gehad nie.
Nog geen teken van beleërde SAL, SA Express se jaarverslae
“Uiteindelik het politieke inmenging alle pogings om die SAL en SAX te red, ongedaan gemaak.”
Vrou in aftreeoord met graaf aangeval, het net aanhou bid
“In Jesus naam. Jy sal nié,” pleit vrou toe man sy gulp losmaak.
Video: Só weet jy hoe die wind waai
In die jongste episode van ‘Byt en buskruit’ gaan jag Adam Tas en sy span in die skone Namibië sowat 230 km noordoos van Windhoek. Hy deel in hierdie video sy wenk om die wind te toets as jy vir daardie kolskoot aanlê.
DStv verwyder 3 gewilde kanale
DStv het bevestig dat drie gewilde kanale einde vandeesmaand nie meer beskikbaar sal wees nie.
Vakbonde steun SAL-vlieëniers se dreigende staking
“Ons wil dit duidelik stel dat terwyl ons ons eie planne maak om die minister te dwing om die raad te ontbind, ons enige pogings, ook die staking van vlieëniers, sal ondersteun om dié bate te beskerm en korrupsie uit te roei,” het Numsa en Sacca gesê.
Luister in 3 minute: Mboweni waarsku die ANC
In die jongste ‘3 Minute, 3 Sake’ kyk Gerhard van Onselen van Sakeliga na die minister van finansies se waarskuwing aan die ANC, die presidensiële adviespaneel oor die ekonomie en ʼn skoolverlatersertifikaat vir gr. 9-leerders.