Vrystaat-polisie ‘verloor geloofwaardigheid, integriteit’

(Foto: SA Polisie)

Die integriteit en geloofwaardigheid van die polisie in die Vrystaat is in gedrang met die aantal polisielede wat die afgelope jaar afgedank is weens hul betrokkenheid by misdaad.

Dévar Smit, lid van die VF Plus in die Vrystaatse wetgewer, het gesê in die laaste boekjaar is 62 polisiebeamptes afgedank weens misdade soos moord, verkragting en dwarsboming van die gereg. “Die Vrystaatse polisiekommissaris, Moeketsi Sempe, erken dit is meer as in vorige jare.”

Smit het gesê sy party verwelkom die polisie se optrede teen swak dissipline en korrupsie binne sy eie geledere. “Dit is egter kommerwekkend dat polisielede, wat veronderstel is om gemeenskappe te beveilig, hulself skuldig maak aan misdaad. Misdaad in polisiegeledere is die rede waarom die inwoners van die Vrystaat nie respek en vertroue in die diens het nie.”

Die VF Plus sal die Vrystaatse Wetgewer se portefeuljekomitee oor polisie besonderhede vra oor die betrokke polisiebeamptes en die spesifieke optrede wat teen hulle geneem is.

“Die VF Plus dring ook daarop aan dat daar daadwerklike stappe gedoen word om die moontlike betrokkenheid van polisiebeamptes by veral georganiseerde misdaad deeglik te ondersoek,” het Smit bygevoeg.

“Die ANC stel die voorbeeld as regerende party. Sy ongeërgdheid teenoor misdaad en korrupsie en die gebrek aan optrede binne die ANC skep ʼn kultuur van misdadigheid in die provinsie wat reeds besteel en geplunder word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jakes ·

Hoe dan nou anders? Hierdie misdadigers wat polisie genoem word het hul nering by baie regerings hoogeplaastes geleer. Die ANC regering is vrot van bo tot onder so hoekom mag polisiemanne nie ook so handel nie?

Christa ·

Stel nog meer aan. Wat pla hulle agtergrond Nou. Hoe meer korrupte hoe beter. Dit pas by die regering

Johan ·

Die anc is ‘n terroriste en misdaad beweging. Wat anders verwag ons onder ‘n anc regime?

Gert van Wierdapark ·

Het hul dit al ooit gehad die laaste dekade of wat?

Tharina ·

Ons seun is op 20 April doodgeskiet deur 5 persone wat hul as polisiemanne voorgedoen het. Na 3 maande wou die ondersoekbeampte die ondersoek laat vaar. In Augustus het ons gehoor dat die ondersoek beampte vir 3 jaar gevonnis is vir regsvereidiling. Ons het al briewe geskryf vir die hoof van polisie in die Vrystaat maar al antwoord wat ons kry is dat die saak verwys is na die ondersoek beampte. Hoe kan hul ‘n saak ondersoek wanneer hulle self betrokke is by misdaad. Sal ons ooit iets hoor van die saak.

Regs! ·

Hoe kan hulle iets verloor wat hulle nog nooit gehad het nie?

George in Bloem ·

Net 62? Regtig? En geloofwaardigheid & integriteit? Die polisie? Nee wat,daai skippie het lankal reeds geseil.

Elsabie ·

O ekskuus tog!! Nie net vrystaat nie!! Die hele land!! 90% van hul is korrup, maar nogsteeds neem ons nog van die korruptes in!! Dis ‘n snowball effek. Sal nooit stop nie!!

Aap ·

Die SAPS het al in 1999 vir n Bol gegaan , Ek probeer al 4 dae honeydew SAPS bel die foon lui een voudig net

Onnodig ·

Die berig se opskrif laat dit lyk asof die SAPD nou besig is om geloofwaardigheid en integriteit te verloor. Die opskrif moes in die verlede tyd geskryf gewees het want ons het al baie lankal nie meer n Polisiediens nie.

Jerry ·

Dit is goed vir die Vrystaat, maar wat van die ander provinsies? Dit is die probleem met die landelike beveiligingsplanne van die DA (Weskaap) en VF/Afriforum (Tshwane). Dit is goeie planne, behalwe dat dit die polisie insluit wie geen integriteit en geloofwaardigheid meer oor het nie. Die polisie moet dus eers van BEE genees word voordat die polisie by enige beveiligingsplanne ingesluit kan word. Hoe dom kan n mens dan nou wil wees vra ek met trane in my oe, want hoe op dees aarde is dit moontlik dat daar so n gebrek aan leiers met insig kan wees, dat hulle dit wragtigwaar goeddink om vir wolf skaapswagter te wil maak (wat hulle in elk geval nog heeltyd doen). Dit is geen wonder dat die boere steeds aangeval word nie, want dit lyk my die hedendaagse landelike beveiligingsprojekleiers het nie n idee van naastenby al die beveiligingsfaktore (polities/ekonomies ingesluit) wat in ag geneem moet word nie, laat staan nog die kennis, feite, implementering en toepassing van elke faktor! Brainstorming het gese wat is die faktore, maar nou kan die kloutjie nie by die oor gebring word met die toepassing nie. Daar is sekere goed wat jy nie kan google nie, wat jou kan laat sleg lyk. Ten minste is daar weer n bietjie hoop in die Vrystaat. Kaders wat die kaders sal vervang is egter die probleem wat aangespreek sal moet word, anders bly die kaderprobleem, die probleem !

Michael ·

Ek het in kroonstad n diefstal van oor die vyftien duisend rand by die polisie gaan aanmeld en hul my net eenvoudig gesê dis jou skuld ons ondersoek niks jy kan maar loop. Dis die diens wat jy kry as jy iets aanmeld.

Penelope ·

SAP Rustenburg het ook ‘n paar vrot visse. Ons is van die pad af gery deur ‘n dronkbestuurder wat ons self tot stilstand gedwing het. Die spesifieke dag het ‘n lid van die SAP na ‘n hewige gesmeek saam met die dronkbestuurder in sy bakkie geklim, saam uit sy bierbottel gesluk en die bottels oppad na die polisiestasie uitgegooi by die venster.
By die stadie aangekom is die bestuurder deur 3 lede van die SAP in die stadie ingevat, waarna ons gevra het dat hul bloed trek en ‘n saak oopmaak vir ons.
Ons is besig gehou deur ‘n paar lede wat ons skaars wou help en die ander lede het met die bestuurder by die stasie se agterdeur uitgegaan en hom nog gehelp wegkom deur sy bakkie te bestuur tot op ‘n punt. Die lid wat die bakkie bestuur het, het bo-oor die randsteen gery omdat ons agter die bakkie gaan stop het om te keer dat die persoon nie weer wegjaag nie. Ons het gevra om die stasie bevelvoerder te sien, weke navrae gedoen en geen antwoorde gekry nie, ons eie skade betaal en daar is net vir ons gese dat ons kan blywees ons is nie ernstig beseer nie en dat ons nou maar die saak moet laat vaar, want niemand weet waat die persoon heen verdwyn het nie. Ons het tot uitgevind dat die dronk man aan die ANC jeugliga behoort in Noordwes. En dis SA…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.