Daar is beter samewerking tussen die verskillende akademiese hospitale om pasiënte, wat op die Charlotte Maxeke-hospitaal se waglys is, by ander fasiliteite by te staan.
Lees meerAlles vir Donderdag 13 Mei 2021
Eiendomsagent in hof oor bedrog
Annica van Staden (46), wat maande lank voortvlugtig was, bly in aanhouding.
Rower gevonnis vir nege moorde
Sandile Gumede is onder andere gevonnis vir ʼn transitorooftog en die moord op ao. Sifundo Musa en lt.kol. Carl van der Vyver.
Twee beseer toe kabelrol op hulle val
Die rol kabel weeg sowat een ton.
Agt vas oor verkragting, uitbuiting
Een van die mans word daarvan beskuldig dat hy ʼn 14-jarige in Browns Farm verkrag het.
ToekomsVenster: Volgelinge van Jesus
Mag die Here ons help om sy Koninkryk nie oneer te berokken nie.
Pta-skole laat vaar kontaksport weens Covid-19
Dié besluit het betrekking op alle kontaksportsoorte asook kooroefeninge.
Regering wil ventilators aan Indië skenk
Intussen het slegs 840 000 uit sowat 5 miljoen mense wat ouer as 60 jaar is reeds vir inentings geregistreer.
Groot risiko vir swaminfeksies by Covid-19-pasiënte
’n Onlangse studie op die weefsel van mense wat aan Covid-19 dood is, wys dat swaminfeksies bykans altyd aanwesig is.
Plaaswerkers dood toe trein, bakkie bots
Die masjinis beweer dat hy vooraf ’n stilstaande wit bakkie op die spoorwegoorgang gewaar het.
Dowwe Dolla ‘waai koebaai’ ná twee dekades
“Die stokkielekker was eintlik net ʼn sekuriteitskombersie wat ek gegryp het, want ek was jonk en nuut in komedie en het nie geweet wat om met my hande te doen nie. En toe raak dit Dolla se kenteken!”
Een dood toe motor kinders tref
Die bestuurder het glo beheer oor die motor verloor en in ʼn groep kinders ingeploeg.
Kubaanse ingenieurs – departement kry uitstel
Die departement word nou meer tyd gegun om sy alternatiewe voorstel vir Solidariteit aan te bied.
Brendin Horner-moordsaak na hooggeregshof
Die verdediging het intussen bekendgemaak wat die beskuldigdes sal pleit.
‘Diverse’ groep musikante ingehuldig in Rock Hall
Carole King, The Go-Go’s, die Foo Fighters en Todd Rundgren vorm ook deel van die elite-groep kunstenaars wat gekies is om opgeneem te word in dié rock-panteon.
In gesprek met Converge Solutions – kunsmatige intelligensie en groot data
“Om ’n IT-start-up te begin, waar 98% van soortgelyke maatskappye binne vyf jaar vou, is nie maklik nie – veral nie in die huidige wêreldkonteks nie.”
Suzuki Karoo Adventure – Motors en ysterperde op dieselfde avontuur
Hoe beskryf mens stilte? Die tipe stilte wat jou omvou dat jy amper jou eie hartklop kan hoor? Dit was wat ek ervaar het, diep in die Bosluiskloof. Wat dit nog meer spesiaal gemaak het, was die twee voertuie wat ons gebruik het om hier te kom.
‘Oneerlike’ Noordwes-burgemeester bedank
Khumalo staan onder meer tereg op aanklagte van diefstal en bedrog.
Podlitiek: Die Ace-sage, aanspreeklike amptenare, valse rassisme-skade
In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die jongste verwikkelinge rondom Ace Magashule, die kwessie van water en sanitasie in Koster en die saak van twee polisiebeamptes wat ontslaan is weens valse klagtes van rassisme.
Toetskrieket: Proteas val na sewende plek
Verskeie spelers het al om geduld by ondersteuners gepleit omdat dit moeilik is om talentvolle sterre soos Kallis en Steyn oornag te vervang. Maar vir baie ondersteuners is die geduld-uurglas lank reeds besig om leeg te loop.