Agt vas oor verkragting, uitbuiting

(Argieffoto: Maroela Media)

Agt verdagtes sal na verwagting Vrydag onderskeidelik in die Athlone- en Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting en uitbuiting. Die verdagtes is almal Woensdagmiddag in Browns Farm en Crossroads in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

Kapt. FC Van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê ses verdagtes, onderskeidelik 25, 26, 30, 37, 39 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem toe hulle herhaaldelik die eienaar van ʼn spazawinkel in Browns Farm gedreig en geld van hom geëis het. “Die eienaar voer aan die verdagtes dreig hom al van 10 Mei af. Hulle het Woensdag weer by die winkel opgedaag en die man het die saak by die polisie aangemeld.”

Polisiebeamptes het ondersoek ingestel en die verdagtes se voertuig in Browns Farm opgemerk. “Die voertuig is voorgekeer en deursoek en die beamptes het beslag gelê op ʼn onbekende bedrag kontant. Al ses verdagtes is in hegtenis geneem.”

Twee ander verdagtes, onderskeidelik 29 en 36 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van verkragting. Die 36-jarige verdagte word daarvan beskuldig dat hy ʼn 14-jarige in Browns Farm verkrag het en die 29-jarige word daarvan beskuldig dat hy sy eksmeisie in Crossroads verkrag het, het Van Wyk bygevoeg.

Die ses verdagtes sal in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklag van uitbuiting.

Die twee verdagtes sal in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Persheks Adri ·

Nee dit gaan erger raak met die lockdown werkloosheid te veel en niks anders om te doen nie magtag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.