Toetskrieket: Proteas val na sewende plek

Foto: Aamir Qureshi/AFP.

’n Paar jaar gelede het die Proteas amok op die internasionale toetskrieketverhoog gemaak. Hulle het ’n spul reekse weg van die huis (waaronder in Australië en Engeland) gewen, terwyl hulle ook gesorg het dat Indië op hul tuisveld moes bontstaan.

Onder Graeme Smith en Gary Kirsten se bekwame toesig het die Suid-Afrikaners die septer in rooibalkrieket geswaai, terwyl spelers soos AB de Villiers, Hashim Amla, Jacques Kallis en Dale Steyn ongetwyfeld tot die sukses bygedra het.

Maar volgens die jongste ranglys is die Proteas nou die sewende voorste toetskrieketland ter wêreld. Reeksnederlae teen onder meer Pakistan en Engeland het tot die hartseer stand van sake bygedra.

Die Wes-Indiese Eilande – teen wie die span volgende speel – het van die agtste na sesde plek gespring om die Proteas verby te steek.

Verskeie spelers het al om geduld by ondersteuners gepleit omdat dit moeilik is om talentvolle sterre oornag te vervang.

Maar vir baie ondersteuners is die geduld-uurglas lank reeds besig om leeg te loop.

  • Die jongste stand van sake in die toetskrieketwêreld:
  1. Indië
  2. Nieu-Seeland
  3. Engeland
  4. Australië
  5. Pakistan
  6. Wes-Indië
  7. Suid-Afrika
  8. Sri Lanka
  9. Bangladesj
  10. Zimbabwe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anoniem ·

Vasbyt, nog net 3 plekke om te sak, dan is julle heel onderaan die lys. Moenie moed opgee nie, julle sal weldra die laagste plek bereik, wees net geduldig en vol moed, buig gereeld die knie en lig die vuis na bowe, dit mag dalk van hulp wees. Tatta Proteas.

Anne-Marie ·

Ons gaan nie lank wag nie …hulle is vinnig oppad na die laaste plek. Ons krieket sal nooit weer dieselfde wees nie, dis nou kriekpolitiek en gebalde vuiste en seer kniee….dis hoekom hulle nerens sal kom nie!!!

Frank ·

Buig die kniegies, miskien kry die IKR julle jammer en bevorder julle. En as hulle dit nie doen nie, beskuldig hulle van rassisme.
Genugtig, dat ek as ‘n lewenslange krieketliefhebber so negatief klink…. Seker maar wat politieke inmenging in sport veroorsaak.

Vrijburger ·

Mmmmm, net dalk moet die kwota stelsel opgehef word. Op alle vlakke.

Therese ·

Lees enige sportranglys met ‘n knippie sout.
Vele faktore betrokke, soos aantal wedstryde gespeel teen watter teenstanders etc.
Die Proteas was na my mening bv. sterker as die Aussies die laaste klompie jare.
Ruk die administrasie in SA reg, alles is nog lank nie verlore nie.
Die BLM-kniebuig snert het nie net in SA die krieket bederf nie, maar ook in ander lande.
Sport oor die algemeen het ongelukkig sy bekoring vir my verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.