Rower gevonnis vir nege moorde

Lt.kol. Carl van der Vyver (Foto: SAPD/Facebook)

Sandile Gumede (32) is Donderdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg nege lewenslange vonnisse opgelê ná ʼn transitorooftog.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê Gumede is skuldig bevind en gevonnis vir ʼn transitorooftog en die moord op ao. Sifundo Musa en lt.kol. Carl van der Vyver.

“Ao. Musa, van die spesiale taakspan en lt.kol. Van der Vyver, van misdaadintelligensie, is op 1 Februarie 2019 in Nongoma in die noorde van KwaZulu-Natal doodgeskiet in ʼn skietery met swaar gewapende transitorowers,” het Mhlongo gesê. “Sewe verdagtes is ook tydens die skietery noodlottig gewond.”

Gumede is ná die voorval in hegtenis geneem en was in besit van die voertuig wat tydens die rooftog gebruik is.

Lede van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in Pietermaritzburg, het suksesvol sy borgtog teengestaan totdat hy gevonnis is, het Mhlongo bygevoeg.

“Gumede is 20 jaar tronkstraf opgelê vir die transitorooftog, en nege lewenslange vonnis vir die moord op die twee polisiebeamptes en sy sewe medepligtiges. Hy is ʼn verdere 10 jaar tronkstraf opgelê vir elke aanklag van poging tot moord. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.”

Genl.maj. Leseja Senona, provinsiale hoof van die Valke, het die vonnis verwelkom. “Ek loof die ondersoekspan vir hul toewyding in hierdie ondersoek. Dit wys dat hulle ʼn dossier, wat goed ondersoek is, vir die regter aangebied het. Sy vonnis sal ʼn les wees vir enige ander voornemende misdadigers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

SomeOne ·

“Sy vonnis sal ʼn les wees vir enige ander voornemende misdadigers.””, hulle lees nie die nie, nog minder koerante of enige media

Persheks Adri ·

Binnekort is die knaap uit op borg of spesiale borg magtag net om wéér te oortree! Regtig ‘n jammerte dat ons lewenslank net 25 jaar is en nie die prentjie in ons koppe nie mmmmmmmmm

Sarel ·

Alweer word gelyklopend uitgedien…so effektief 1 x Lewenslange vomnnis…die regstelsel bevoordeel misdaad

FM ·

Geregtigheid?

Gelyklopende beteken net dat hy nie die straf kry wat hy vir sy gruwelike lewe moet kry nie.

Die SAPS se speurders werk hard om die…….. uiteindelik in die tronk kry en dan kry dit oor paar jaar parool sodat hy net met sy gruwels kan voortgaan.

Nee wat

Tipper ·

beter as hulle net daar ge elimineer word al lewe hulle ook,kinders van Molog.

Tanja ·

Bring die DOODSTRAF terug …dan sal misdaadigers 2keer dink voordat hulle die wet wil oortree

JAN ·

Alweer gelyklopende vonnisse!!!! Of jy nou een persoon vermoor of 9 kry jy dieselfde vonnis?? Dit gaan die verstand te bowe. DIT stuur die verkeerde boodskap uit. Eintlik ‘n uitnodiging om aan te hou moor voor (of indien) hulle jou sou vang. Ons regsstelsel is ‘n bespotting.

Jack ·

Ek is bevrees dat al wat hy verloor is sy reg om publiek te beweeg en te moor. In die tronk geniet hy alle voorregte plus beskerming teen misdaad. Geen hardepad net hoender en sabc. Wat n les vir aspirant moordenaars is dit nie.

Tanya ·

Lekker 20 jaar, 9 x 25 jaar lewenslange en poging tot moord, altesaam oor die 200 jaar, maar omdat dit gelyklopend uitgedien word gaan hy net maksimum 25 jaar sit, met goeie gedrag, seker net 10, as dit so baie is! Wondelike regstelsel wat ons het!!! Maak my regtig siek!

Tubac ·

Tot Ramaphosa weer n by in die onderrok kry en amnestie toestaan voor die verkiesing.

JohanCzu ·

Dit dien geen doel om die spul vonnisse samelopend te maak nie. Dit behoort bymekaargetel te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.