Plaaskinders van die Rawsonville-omgewing in die Wes-Kaap het toegang tot 5 000 boeke en rekenaars te danke aan ʼn mobiele biblioteek wat deur wynkelders in die omgewing geskenk is.
Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, was verlede week die gasspreker tydens die bekendstelling van ‘n mobiele biblioteek en rekenaarlokaal wat nege plaasskole in dié streek gaan bedien. Zille het tydens die oorhandiging van die biblioteek ʼn beroep op die sakesektor gedoen om vennootskappe met die regering te sluit om opvoeding in landelike gemeenskappe uit te brei.
Hierdie insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Mooi so. Laat hulle lees en hou hulle uit die moeilikheid!
Probeer om dit nie af te brand nie asb