Keegan en Samier: ‘Die strokiesprent-kompetisie’, ‘Die nuwe vriend’

Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort. André Trantraal se Keegan en Samier-reeks het begin met Die sleutel-speurder en daarna het Die sokker-fiasko gevolg. Die strokiesprent-kompetisie en Die nuwe vriend is die derde en vierde boeke in die reeks:

Die strokiesprent-kompetisie
Keegan kry die geleentheid om ʼn plakkaat te ontwerp wat sy gunstelingskrywer se nuwe strokiesprent adverteer – en die wenner kan die boek se bekendstelling bywoon! Hy is vreeslik opgewonde… maar die skool se boelie, Brent Petersen, dreig om al sy planne in die wiele te ry…

Die nuwe vriend
Daar is ʼn nuwe meisie in die skool en Keegan hou baie van haar. Samier en Samia is egter glad nie beïndruk dat Alysha beter as Samia in alles is nie, en Keegan sukkel om die vrede te handhaaf.

Trantraal roep in sy Keegan en Samier-reeks die wêreld van die Kaapse Vlakte op en skep kinderboeke soos daar nog nie in Afrikaans verskyn het nie. Dit is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met ’n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.

Oor die skrywer

André Trantraal is ’n skrywer, illustreerder en vertaler. Trantraal is die skrywer van die strokiesprentboeke Stormkaap en Coloureds. Sy Kaapse en Engelse strokiesprente het al in Beeld, Die Burger, Rapport, Cape Argus en Cape Times verskyn en is in Hamburg, Amsterdam en Kaapstad uitgestal. Trantraal se Engelse vertalings van sy broer, Nathan Trantraal, se Kaapse gedigte het in ʼn uitgawe van die New England Journal verskyn. Hy en sy broer werk gereeld saam en is baanbrekers in die bevordering van Kaapse Afrikaans.

Prys: 65,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die Keegan en Samier-reeks by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.