Wen: ‘Stroomop’-roman

Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar is  ʼn uitgebrande chirurg, ʼn bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter, ʼn oorgewig, oorstelpte huisvrou en ma van drie, en ʼn vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat.

Hulle beland saam in groepsterapie vir die traumas wat die lewe hulle onlangs opgelê het, en deel van die terapie is ʼn river rafting-ekskursie op die woeste Oranjerivier. Wanneer hul manlike gids daar in groot moeilikheid beland, moet dié vyf diep verskillende vroue saamspan, verby hul eie probleme en struwelinge kyk en die gevaarwaters sónder hul gids aandurf – of hy, en hulle, oorleef dalk nie.

ʼn Bemagtigende vroue-avontuur oor spanwerk, volharding en jou eie ding met oortuiging doen, deur die span van Pad na jou hart en Vir altyd. Die gelyknamige rolprent met Donnalee Roberts in een van die hoofrolle begin op Vrouedag, 9 Augustus, landwyd draai.

Oor die outeur

Adeline Radloff het in haar jeugjare deur meer as 25 lande gereis. Sy het ʼn regsgraad en ʼn MA in Engelse letterkunde verwerf. Sy is bekroon met twee Sanlam-pryse vir Jeuglektuur vir haar jeugboeke Sidekick en Chain Reaction. In 2012 verskyn Een Stad, Drie Rooikoppe, Sewe Dae, wat sy saam met haar suster Lili geskryf het. Sy woon in Kaapstad.

Wen: Drie gelukkige lesers kan elkeen ʼn eksemplaar van die Stroomop-roman, geskryf deur Adeline Radloff, wen.

Wenners sal per e-pos in kennis gestel word. Die kompetisie sluit op Vrydag 20 Julie.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.