Ingrid Jonker (1933 – 1965)
Vir Simone
Begin somer en die see
ʼn oopgebreekte kweper
die lug soos ʼn kind
se ballon
ver bo die water
Onder die sambrele
soos gestreepte lekkergoed
miere van mense
en die gul lag van die baai
het goue tande
Kind met die geel emmertjie
en die vergete vlegsel
jou mond is sekerlik ʼn klokkie
kleintongetjie klepeltjie
Jy bespeel die son daglank
soos ʼn ukulele