Gedig: Dowemansdeur

Argieffoto (Foto: Michael Gaida/Pixabay)

Elisabeth Eybers (1915 – 2007)

Voor dowemansdeur het ek aangeland
op my eentjie, en wat moet ek doen –
asof in die ban van ʼn groot misverstand
met jou agteloosheid my versoen?

Liefde gaan met bepaalde gevoelens gepaard
én met handelinge wat daarby hoort:
wanneer dade opeens tot ʼn nulpunt bedaar
duur gevoelens nog vorstelik voort.

Om voor dowemansdeur iets ondoofbaars te red
luister, ook namens jou, luister ek net.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.