Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.
“Lewe” deur Kobus Frantz
My tydgenote word vyftig.
My tydgenote sterf.
My doopkinders is groot.
My Kinderbondkinders is al ma en pa.
My Sondagskoolkinders trou.
My katkisasiekinders word oupas en oumas.
My laerskoolmaat dood.
My hoërskoolvriend praat van aftree.
My UWK-kameraad leef nog in 1987.
Ek bly staan op stasie
drie en vyftig
en vra:
Waar gaan die lewe so gou verby?
Terwyl ek wag vir kleinkinders
om gebore te word.
- Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red