Gedig: ‘n Boom

Argieffoto (Foto: Johannes Plenio/Pixabay)

Johan van Wyk (Geb. 1956)

ʼn Boom is ʼn beskermheer van voëls,
miere en besies. ʼn Boom is ʼn stuk wêreld
met sy hoofpaaie op sy bas
en insekte soos motors en busse.
ʼn Boom is gewortel in sy skaduwee,
ʼn boom is my sambreel
waarmee ek graag uitgaan
na die stad waar motors en busse ry,
ʼn boom is my siel
in die reën en in die wind,
my boom is my ark
waarmee ek reis
oor gesigte, oor skaduwees,
oor die lug, oor die hemelruim.
Ja my boom is geplant in die maan,
die klein brand in die omvattende dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.