Gedig: Sneeu of kapok

Argieffoto (Foto: Larisa Koshkina/Pixabay)

Carl van der Merwe (Carl Boplaas) (1931-2004)

Party manne is tog te slim
mandore van die kafbek
wat oor sneeu en kapok
hul bekke rek.
Ons wat weet
bly liewer stil
daar’s tog ʼn hemelsbreë verskil:
Sneeu is hael
wat in die winter val
kapok is spierwit vlokke
wat donsig uit die hemel
daal.
So het oorle Oupa
al toeka gesê
as die Bokveld
spierwit
toegeval lê.
Wat weet die slim manne
groot taalkokkedore
van dié ysige
verskil
in hul vuurwarm kantore?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.