Gedig: Vlerke

Argieffoto (Foto: Evgeni Tcherkasski/Pixabay)

Sheila Cussons (1922 – 2004)

Hy sit op die smalste lys
met die wind in sy vere.
Jeuk, vroetel driftig met sy snawel.
Sit dan maar weer, ineengedoke
asof hy wil dommel.
Glip hy, lig sy vlerke. Sommer so.
Kán net nie val nie. Bid jou aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.