Uitdrukking:
Al moet die kraaie dit uitbring/die kraaie sal dit uitbring
Betekenis:
‘n Geheim of misdaad word altyd bekend
Waar kom dit vandaan?
Volgens ‘n Oudgermaanse volksgeloof kon kraaie misdade, byvoorbeeld ‘n moord, aan die lig bring. In die Ou Skandinawiese mitologie het die god Odin twee kraai gehad, Hugin en Munin (simbole van die gedagte en herinnering); alles wat hulle gehoor en gesien het aan hom oorvertel.
In ‘n Middeleeuse verhaal waarsku ‘n kraai sy meester teen dreigende gevaar, en vertel hom ook sommer van die owerspel van sy vrou.