Idioom:
Daar kom dadels van
Betekenis:
Daar kom niks van nie
Waar kom dit vandaan?
Herman Willem Daendels, gebore in Hattem, Nederland, was in die vroeë 19de eeu tydens Napoleon se besetting van Nederland ʼn generaal in die Franse leër, en is later bevorder tot goewerneur-generaal van Nederlands-Oos-Indië. Volgens die meeste bronne het hy nie veel vermag nie; daar bestaan byvoorbeeld twyfel of hy die bestuur verbeter en die korrupsie tydens sy bewind verminder het. Daar is enkele voorkomste van ʼn wisselvorm van sy van, naamlik Daedels, wat moontlik aanleiding gegee het tot die uitdrukking daar kom Da(e)dels van.
So baie keer al gewonder waar op dees aarde kom hierdie uitdrukking vandaan….en het een oggend – dink dit was ‘n Sondagoggend op : “Die Tale wat ons Praat” op RSG ‘n verduideliking gehoor – hoewel in kort – en ek kan nie onthou dat hulle hierdie uitensetting verskaf het nie – so baie dankie weer eens!
Jansens, wat saam met De Mist die Kaap kortlliks regeer het, het geen ooghare vir Daendels (tegnies sy baas) gehad nie. Jansens se gesindheid het heel moontlik op die ander koloniste afgegee. Daar is ander interessanthede, soos dat die VOC se “tweede sentrum” in Indonesië naas Djakarta, die eiland Madura was. Dié eiland het as “Komen en gaan” bekend gestaan na aanleiding van die vroeëre Chinese besetting. Goerneurs is dikwels lank voor hul opvolgers aangewys is herroep, en die opvatting het ontstaan van die regeerklas (Mandaryne) wat gekom en gegaan het. Dit klink nie onwaarskynlik nie dat na Daendels verwys is as daar sal Daendels van Komen en Gaan kom nie. Hy was hierna goewerneur in Ghana waar hy weer eens niks van sy groot planne kon laat vrug dra nie.