Uitdrukking: Jou skapies op die droë hê
Betekenis: Taamlik welgesteld wees
Be well-to-do. RYKDOM
In Nederland tydens die vloede moes skape (en beeste) na hoër grond geneem word om hulle te beveilig; wie dit gedoen het, was verseker van ’n goeie toekoms in die boerdery. Op die droë hê het ook in sekere dele beteken “in die huis, in die stal”, dus veilig.