Uitdrukking: Daar loop iemand oor my graf

Argieffoto (Foto: jhenning/Pixabay)

Uitdrukking:
Daar loop iemand oor my graf

Betekenis:
Dit beteken jy kry ʼn koue rilling.

Waar kom dit vandaan?
Die oorsprong van hierdie bygeloof, wat onder meer in Engels en Frans ook opgeteken is, is onbekend. Een moontlike verduideliking oor die oorsprong daarvan, is toe mense grond vir familiebegraafplase gekoop het, wat verklaar hoekom iemand oor sy eie graf kon praat. Die rilling sou dan veroorsaak word deur ʼn psigiese sensasie as iemand oneerbiedig oor die graf loop, moontlik met vyandige gevoelens teenoor die persoon wie se graf dit is.

Bronne: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.