Uitdrukking:
In die boontjies raak
Betekenis:
Verward raak; in die moeilikheid raak
Waar kom dit vandaan?
Volgens ‘n ou volksgeloof het die blomme van boontjies in die voorjaar ‘n bedwelmende uitwerking op ‘n mens gehad. Iemand wat in so ‘n boontjieveld geslaap of te lank daarin vertoef het, het duiselig en heeltemal verward geraak.
Meisies, veral, se koppe het daarvan gedraai sodat hulle maklik in voorhuwelikse moeilikheid kon raak.