Uitdrukkking:
Die regte voet voorsit
Betekenis:
Jou gedra; probeer indruk maak
Waar kom dit vandaan?
Die regte voet is die regtervoet. Volgens baie ou bygelowe wat deur talle mense van talle volke geglo is, moes enige reis of nuwe onderneming begin word met die regtervoet (dit wil sê “die beste voet vorentoe“). Daar is geglo dat die linkervoet net ongeluk sou bring.
As ‘n Romein een oggend per ongeluk sy linkersandaal eerste aangetrek het, sou hy dalk nie die dag oorleef nie.
Keiser Augustus het glo gese dat sy soldate gemuit het omdat hy daardie dag sy linkersandaal eerste aangetrek het.
Die regtervoet moes ook eerste gebruik word wanneer iemand ‘n huis of ‘n kerk binnegaan. In Engeland is daar nog so ‘n bygeloof onder sommige bruide dat hulle met die regtervoet eerste die kerk moet binnestap.