Uitdrukking: Die Rubikon oorsteek

Argieffoto (Foto: Mircea Iancu/Pixabay)

Uitdrukking:
Die Rubikon oorsteek

Betekenis:
ʼn Onherroeplike stap doen

Waar kom dit vandaan?
In die 1ste eeu v.C. was die Rubikon die grens tussen Italië en die Cisalpynse provinsie. In 49 v.C. het Julius Caesar die Rubikon oorgesteek teen die verbod van die Senaat in. Dit het ʼn burgeroorlog tot gevolg gehad. Oordragtelik beteken dit om ʼn stap te doen sonder omdraaikans.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.