Uitdrukking: Iemand beduie hoeveel blou boontjies vyf is

Argieffoto (Foto: ashish choudhary/Pixabay)

Idioom:
Iemand beduie hoeveel blou boontjies vyf is

Betekenis:
Iemand berispe

Waar kom dit vandaan?
Blou boontjies het reeds in Nederlands die betekenis van “koeëls” gehad as gevolg van die blouerige kleur van die lood. Om iemand dus blou boontjies te wys, is om hom dreigend koeëls te wys.

Die vyf verwys na die ou gebruik om boontjies te gebruik as ʼn hulpmiddel wanneer dinge getel moes word. Die boontjies is dan in vywe eenkant toe geskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae