Uitdrukking:
iemand rot en kaal steel
Betekenis:
alles steel wat iemand het
Waar kom dit vandaan?
ʼn Ou Nederlandse uitdrukking is so kaal soos ʼn rot: een verklaring is dus “besteel sodat die slagoffer so kaal soos ʼn rot is”. ʼn Ander verklaring is dat rot hier dieselfde betekenis as in bankrot het, naamlik “gebreek” – bankrot kom uit Italiaans banca rotta, “gebreekte bank”