Uitdrukking: Krokodiltrane huil

Argieffoto (Foto: Base Formula)

Uitdrukking:
Krokodiltrane huil

Betekenis:
Maak asof jy huil; voorgee dat jy huil.

Waar kom dit vandaan?
Dit is oorspronklik gesê wanneer iemand op ʼn skynheilige, geveinsde manier trane stort. ʼn Latere ontwikkeling was dat mense dit gelykgestel het aan lang trane huil, wat met spyt en onbarmhartigheid verband hou.

Die oudste verklaring is dié wat Photius, die patriarg van Konstantinopel, in die 9de eeu v.C. gegee het.

Daarvolgens sou die dier ’n geluid maak soos ʼn kind wat huil om sy slagoffers te lok, en dan boonop huil terwyl hy sy slagoffer vreet. Hy sou dan ook huil omdat daar so min vleis aan die kop van sy slagoffer is, volgens ʼn Griekse oorlewering van die 4de eeu.

Ander het geglo dat die monster nie so harteloos is nie, en huil omdat hy so ʼn wrede daad moes pleeg. Sommige sê dat die gesegde bloot verwys na merke onder sy oë wat soos trane lyk.

Wat nader aan die waarheid is, is dat die krokodil se traankliere baie vloeistof afskei wanneer hy eet en dat dit tot die uitdrukking aanleiding kon gegee het.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom, Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) 

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scholtz ·

Ek dink nie dit is, “Maak asof jy huil; voorgee dat jy huil”, nie, maar eerder werklik huil, maar maak asof jy passievol huil; voorgee dat jy passievol huil. So, dit is akteur-streek huil, soos ‘n moordenaar, wat die moord van sy slagoffer wreedaardig uitgevoer het, by sy slagoffer se begrafnis lustig huil, maar dis huigelhuil. (Soos ons dikwels sien en lees van ‘n persoon wat sy/haar eggenoot vermoor het of laat vermoor het.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.