Uitdrukking:
kwaaibaadjie aantrek
Betekenis:
Iemand streng aanspreek of berispe, of kwaai optree teen iemand: Vroutjie sal voortaan met reg kwaaibaadjie kan aantrek as manlief sommer so goedsmoeds sy klere oor die naaste stoel gooi (Vaderland, 2 Julie 1975, 5). Jy sal sommer moet kwaaibaadjie aantrek, anders sal hy nie dokter toe gaan nie (opgeteken in Ladismith).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Dis nou ‘n lekker stelling