Uitdrukking:
‘n Wit lewer hê
Betekenis:
Gesê van iemand wat twee of meer huweliksmaats oorleef het.
Waar kom dit vandaan?
Oorspronklik het die uitdrukking “baie wellustig, wulps” beteken, gesê van ‘n vrou wat baie mans op die rusbank onthaal, soos een bron dit stel.
Die artikel verduidelik nie waar die uitdrukking vandaan kom nie. Net dat dit eintlik iets anders beteken as jul oorsponklike verduideliking. Eks nou nuuskierig.
Dagsê Bolander
Dit is ongelukkig die enigste verduideliking wat dr. Anton F Prinsloo in sy boek, “Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom”, aanbied.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Waarskynlik ook afgelei van die feit dat ‘n lewe van brassery (sedeloos, oor -eet, baie drank gebruik) lei tot lewer vervetting…. dit veroorsaak dat die lewer vergroot en amper wit-geel word…