Uitdrukking: Uie tap

Argieffoto (Foto: Ulrike Leone/Pixabay)

Uitdrukking:
uie tap

Betekenis:
grappe vertel

Waar kom dit vandaan?
As ʼn mens ʼn ui tap, vertel jy ʼn grap. Van tap, wat beteken om ʼn vloeistof te laat uitloop of vloeistof uit iets te laat vloei; en ui, die ronde groentesoort met die sterk skerp reuk en smaak wat ʼn mens se oë laat traan wanneer jy dit skil, sny of kerf; dus sap daaruit laat kom.

As iemand ʼn grap só goed vertel dat hy of sy die gehoor wat daarna luister, nie net laat lê van die lag nie, maar laat huil van die lag, kan van so ʼn grapjas gesê word dat hy of sy weet hoe om ʼn ui te tap.

“Uie tap” is egter nie ʼn uitdrukking wat mens aldag hoor nie.

Bron: Die tale wat ons praat – taaldinge uit die gewilde radioprogram
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.