WAT Woord van die week: skon

Argieffoto (Foto: harveysofhalifax.co.uk)

Argieffoto (Foto: harveysofhalifax.co.uk)

Woord:
skon

Betekenis:
Sagte, ronde koek of brood van garsmeel, hawermeel of koringmeel en bakpoeier, wat in enkelporsies op ‘n roosterplaat of in die oond gebak word, en wat tydens ontbyt of dikwels teetyd saam met botter, konfyt en (of) room geëet word. (Sinoniem: botterbroodjie) ‘n Sny koek of tert of vars gebakte skon lê ons Suid-Afrikaners na aan die hart. (Landbouweekblad, 4 Nov. 2011, 10).

Waar kom dit vandaan?
Uit Middelduits schonbrot, “fyn brood”

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willem van der Merwe ·

Halooo!

WOORD VAN DIE WEEK: SKON

Ek verstaan dat in die Volksmond die woord Skon seker nie eensklaps weggemaak kan word nie. Die Afrikaanse woord vir skon is tog botterbroodjie! Gedurende die afgelope twee reekse van Kokkedoor het oud en jonk heerlik Afrikaans gepraat en almal het dit só geniet! “Scone” klink Engels. Dit klink Brits. Dit klink “pretensieeus” jammer vir die anglisisme! Botterbroodjie klink lekker. Dit eet lekkerder en heelwaarskynlik tuisgebak. Scone het Woolworths se “readymix” gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.