Woord:
slungel
Betekenis:
Manspersoon wat besonder lank, maer en onbeholpe of ongemaklik is, en wat dikw. slordig en onversorg lyk: ʼn Slap slungel van ʼn man het kom oopmaak toe ek klop: die ene tandeloosheid en hare (A.P. Brink: Parys — Parys, 1969, 157). • ʼn Bleek slungel van ʼn verkoopsventjie keer hom (Thomas) voor … en plak … ʼn modieuse lapding op die toonbank neer (J. Rabie: Ark, 1977, 43).
Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red