Woord: aweregs

Argieffoto (Foto: Wilfried Pohnke/Pixabay)

Woord:
aweregs

Betekenis:
1 Omgekeerd, met die verkeerde kant voor, die teenoorgestelde van wat gewoon is, onderstebo, agterstevoor.
2 Anders as wat verwag word of behoorlik is, verkeerd, onjuis, onoordeelkundig.

Waar kom dit vandaan?
Uit Ndl. averechts in die bet. “verkeerde gewoonte” (1540) “binnenstebuite” (1552), “onverstandig, onoordeelkundig” (1573) “teenoorgestelde van die normale” (1623), t.o.v. breiwerk en steke (1821). Ndl. averechts is ʼn afleiding met -s van averecht (al Mnl.), met lg. ʼn samestelling van ave, ʼn ouer vorm van af, en recht “reg”. Hoewel die bet. “binnestebuite, keersy” (soos in aweregse kant van ʼn kledingstuk) en “verdorwe” (soos in aweregse geslag) in Ndl. tans verouderd is, geld albei nog in Afr.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)   

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.