Woord: blikners

Argieffoto (Foto: Benjamin Sz-J./Pixabay)

Woord:
blikners

Betekenis:
1 Deurgeskawe op die sitvlak en tussen die bene — gewoonlik veroorsaak deur bloots op ‘n perd te ry: Hy is blikners gery.
2 (figuurlik) Kapot, byna dood: Hy wou nog teenstand bied, maar was gou blikners‘n Stokperdjie (onderwerp) wat al blik(ners) gery is.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands blikaars, ʼn samestelling van blik en ners. Blik in dié konteks beteken “ontvel” en ners in Nederlands beteken “sitvlak”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.