Woord:
chauffeur
Betekenis:
motorbestuurder vir gegoede mense
Waar kom dit vandaan?
Dié man was oorspronklik eintlik net ʼn stoker, die operateur van ʼn stoomenjin, omdat die Frans chauffer “warm maak” beteken het. Hy het dus letterlik die masjien warm gemaak omdat die vroegste motors stoomaangedrewe was.
Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek by Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering