Woord: guur

Argieffoto (Foto: Matthew Henry/Unsplash)

Woord:
guur

Betekenis:
“Guur”, soos gedefinieer in die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), beskryf ʼn toestand of gevoel wat onplesierig, skraal of snerpend koud is.

Die HAT verduidelik verder dat “guur” dikwels gebruik word om na die weer te verwys, soos in die sinne: “Die weer is guur” of “Die noordewind waai guur”. Hoewel “guur” en “onguur” in die konteks van weersomstandighede as sinonieme gebruik kan word, is dit nie die geval wanneer daar na mense verwys word nie. Wanneer mense ter sprake is, word slegs “onguur” gebruik.

Waar kom dit vandaan?
Volgens die EWA kom hierdie woord oorspronklik uit Nederlands waar dit reeds in 1599 as “guur” aangeteken is. “Guur” is gewortel in die Middelnederlandse woord “onguur”, ʼn afleiding van “gehier” of “gehuer” wat “lief” of “sagsinnig” beteken. Mettertyd het die woord se betekenis verander om iets onaangenaams of plesierig aan te dui. Die oorspronklike voorvoegsel “on-“, wat “nie” beteken, het later sy betekenis verloor en is dus as oortollig beskou.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.