Woord: nieteling

Argieffoto (Foto: Pezibear, Pixabay)

Woord:
nieteling

Betekenis:
1 Wese wat klein en onbeduidend is in vergelyking met dit wat hom of haar omring: Ek alleen is hier, ek geringe nieteling, aan die voet van die majestueuse berge: alleen met die almag van die natuur en haar Skepper (C.J. Langenhoven: Werke IX, 1956, 292).

2 Onbelangrike of onbeduidende persoon: Ek is aanvaarbaar middelmatig. Nie dom nie. Nie slim nie. Sonder noemenswaardige talente, maar darem geen nieteling nie (J. Retief in Huisgenoot, 27 Aug. 1976, 122). Die skandaal het gedreig om ‘n Eerste Minister en sy Regering tot ‘n val te bring, wrywing in die hoë kringe verskerp, nietelinge verander in beroemdhede (Die Burger, 1 Nov. 1963, 13).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.