Woord:
maat
Betekenis:
vriend, kameraad
Waar kom dit vandaan?
As jy nie daarvan hou dat die wensbeentjie van die hoender voor jou oë deur die eter langs jou gesteel word nie, moet jy nie saam met jou maat eet nie. Die oorspronklike betekenis van die woord was “saameter”
kameraad (makker, vriend)
Die Spaanse oorsprong van die woord, camarade, dui al op die ou betekenis: jou kameraad was ʼn saamslaper, maar nie in die erotiese sin van vandag nie. Dit was die soldaat wat jou slaapkamer moes deel omdat die Spaanse offisier besluit het om meer as een troep aan ʼn kamer toe te sê. Die woord het nie ʼn vroulike vorm nie – jou kameraad moes dus ʼn man wees. Later jare het sommige soldoedies nie altyd hulle ontevredenheid met dié reëling uitgespreek nie.
kompanjon (maat, makker)
Vroeër sou ʼn mens nie saam met iemand eet en hom daarna vermoor nie (tensy jy in die 1920’s in Chicago was en jou van ʼn Italiaanse uitgang gehad het). Jou kompanjon is letterlik iemand wat saam met jou brood eet (Latyn companis uit com “saam” + panis “brood”, dus “saameter”). Die militêre kompanjie is die klomp kompanjons wat saam saans broodrolle in die menasie eet.
Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering