Woord: vuurdoop

Argieffoto (Foto: 2Photo Pots/Unsplash)

Woord:
vuurdoop

Betekenis:
1 eerste veldslag wat ʼn soldaat meemaak: Majoor Mpaxa het haar vuurdoop gehad toe sy met 150 mans onder haar konflik tussen taxi-organisasies en ʼn plaaslike busmaatskappy moes help ontlont (Vera Schoeman).
2 moeilike eerste toets/proef: Vir die groentjies in die span gaan vanmiddag se wedstryd teen die kampioene ’n groot vuurdoop wees.

Waar kom dit vandaan?
Uit Ndl. vuurdoop (1834), so genoem omdat die moeilike omstandighede dit laat voel asof jy met vuur ingelyf of gedoop word.

Bron: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.