Dele in die ooste en weste van Pretoria sit tans sonder water.
Lees meerAlles vir Vrydag 27 Januarie 2023
Karoo nuwe Afrikaanse skool ryker
Danksy die visie om wêreldgehalte onderrig aan meer plattelandse leerders te bied, spog die MOS-inisiatief nou ook met sy eerste hoërskool op Beaufort-Wes in die Karoo.
Nuwe Jhb-burgemeester verkies
Thapelo Amad van die Al Jama-ah-party het met 138 stemme gewen.
David Mabuza lig Ramaphosa in van bedanking
David Mabuza se bedanking as adjunkpresident is om plek te maak vir die nuutverkose adjunkpresident van die ANC, Paul Mashatile.
N1 oop ná busongeluk
Net drie van die 70 passasiers het geringe beserings opgedoen.
ToekomsVenster: God se beloftes word altyd vervul
Mag jy die vervulling van die beloftes wat die Here gegee het, en steeds gee, daagliks omarm en vanuit daardie realiteit leef.
Beurtkrag afgeskaal
Fase 4 geld tans en sal tot Saterdag om 05:00 duur.
Mpumalanga se onderwysdepartement verkwis miljarde
Volgens die VF Plus bestaan ʼn groot deel van die bedrag uit wanbesteding wat verband hou met die bou van skole en koshuise.
Mafe weier weer om uit sy sel te kom
Nie eens die hoof van die Pollsmoor-gevangenis kon Mafe oorreed om uit sy tronksel te kom nie en die regter in die saak het selfs voorgestel dat die volgende verskyning in die tronk se hof gehou word.
Luister: Kubermisdaad knou bekende aanlyn onderneming; eienaars gee raad
Content hosted by iono.fm Danksy platforms soos Facebook, Instagram, Twitter en TikTok kan selfs die kleinste sakeonderneming deesdae op ʼn bekostigbare manier handelsmerkbewustheid bou, kliëntediens…
ʼn Perfekte 10 wink vir Novak
Dit is Novak Djokovic teen Stefanos Tsitsipas in die eindstryd van die Australiese Ope.
Man met wavrag gevriesde hoenders betrap
ʼn Vragmotor met ʼn besending hoenderprodukte is vroeër die dag in die omgewing gekaap.
Wes-Kaapse skole afgelope vakansie kwaai geplunder
Nie eens ʼn omheining, veiligheidswagte en kameras was genoeg om misdadigers te stuit wat byna 50 Wes-Kaapse skole die afgelope vakansie geplunder het nie. Enigiets van toiletpapier tot waterpype is verniel of weggedra.
‘Dis lekker (en goedkoper) in SA’, herinner Checkers SA’ners in buiteland
Checkers het dalk nie winkels in Sydney of Londen nie, maar dit beteken nie Suid-Afrikaners in die buiteland moet vergeet hoe lekker die lewe hier is nie, sê die kleinhandelaar.
Geloof anker ‘BSV’ se pittige vroueboer
“Dit is vir my ʼn riem onder die hart dat ek onbewustelik ʼn platform soos Boer soek ʼn vrou kon gebruik om vroue te inspireer om te wil boer, en mense te inspireer om vreesloos hulle geloof uit te leef.”
SA vereer vir stryd teen malaria
Dit is die eerste keer dat lande wat malaria nog nie heeltemal uitgeroei het nie, ʼn toekenning kry vir hul werk om malariavrye status te bereik.
Vakbond bekommerd oor ‘beleërde polisie’
ʼn Gebrek aan hulpbronne maak dit vir toegewyde polisiebeamptes al hoe moeiliker om hul werk te doen.
Turkye en Navo – tyd vir ʼn egskeiding?
Navo is tans in die proses om twee nuwe lande as lede by te kry maar Turkye bly sy voet dwars sit.
Podlitiek: SA oor Lawrof dwars, DA aan die mars en AfriKrag wil deur beurtkrag bars
Hoe gemaak met die ANC wat vir Sergei Lawrof met ope arms ontvang? Waarheen mars die DA alweer, en AfriKrag waar is jou einde?
Faldo sê LIV-spelers kan nie in Ryder-beker speel
“Die spelers wat hulle by die LIV-reeks aangesluit het, het self daardie besluit geneem. Hulle het geweet daar gaan sekere gevolge wees, maar het desondanks die pad gevat en in die proses groot geld in hul sakke gesteek.” – Nick Faldo