N1 oop ná busongeluk

(Foto: Verskaf)

Albei kante van die N1 in Bloemfontein is vir verkeer oopgestel nadat dit vanoggend (Vrydag) gesluit is ná ’n busongeuk.

Sipho Towa, woordvoerder van die Vrystaatse nooddienste, sê die busbestuurder het omstreeks 05:50 beheer oor die bus verloor waarna die bus teen die pad se reling gebots het. Die bus het byna van die brug afgery.

Die ongeluk het op die N1 net voor die Shell Ultra City-vulstasie plaasgevind.

(Foto: Verskaf)

Jaco Kaalsen, paramedikus van VRMED, sê soos die bus teen een van die relings gebots het, het dit die pad versper.

“Net drie van die 70 passasiers het geringe beserings opgedoen. VRMED en ER24 het die pasiënte na verskeie hospitale in Bloemfontein geneem,” sê Kaalsen.

Die pad is teen Vrydagmiddag heeltemal vir verkeer oopgestel.

Die oorsaak van die ongeluk is in hierdie stadium nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annie ·

Bestuurders weet skynbaar deesdae nie wat hul by ‘n brug moet doen nie. Links af of regs af of onderdeur. Die’ ou wou dalk eers bietjie vinng stop voor die brug om eers daar(v)oor te slaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.