Mpumalanga se onderwysdepartement verkwis miljarde

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Mpumalanga se departement van onderwys het die afgelope finansiële jaar meer as R2,6 miljard as gevolg van ongemagtigde en onreëlmatige besteding verkwis.

Bonakele Majuba, LUR van onderwys in die provinsie, het in antwoord op ʼn skriftelike vraag van die VF Plus gesê daar was teen einde Oktober verlede jaar sowat R816 miljoen se ongemagtigde besteding. Onreëlmatige besteding het sowat R1,8 miljard beloop.

Volgens Werner Weber, provinsiale leier van die VF Plus, is die meeste van die geld bestee aan infrastruktuurprojekte wat die bou van skole en koshuise insluit.

“Die departement van openbare werke, paaie en vervoer was die uitvoerende besluitnemer vir die altesame 249 infrastruktuurprojekte. Daar is nog sowat 70 van die 249 sake wat nie afgehandel is nie,” sê hy.

Volgens Weber ondersoek die Spesiale Ondersoekeenheid in Mpumalanga tans die sake. Die provinsiale wetgewer se portefeuljekomitee vir onderwys het intussen opdrag gegee dat die ondersoek na die sake binne die volgende boekjaar afgehandel moet word.

Weber sê Mpumalanga het die naashoogste syfer vir ongeskooldheid landwyd.

“Dit is dus onaanvaarbaar dat die departement, wat veronderstel is om regverdige toegang tot skole te verseker, nie in staat is om sy finansies effektief te bestuur nie,” sê hy.

“Die VF Plus het verdere vrae rondom hierdie saak ingedien en sal aanhou druk op die departement plaas om sy sake in orde te kry tot voordeel van die leerders van Mpumalanga.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

George ·

Nee dit gaan lekker hier! Gaan na al die projekte en wys ons bietjie hoe dit lyk, soos daai R17mil toilet van die ANC.

Jacobus ·

Wonder wat sê antie Patricia de Lill daaroor? Sy is immers die minister van openbare werke.

Anel ·

Nou waar is die skole en koshuise en waar kry hulle so baie geld om te mors!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.