Vakbond bekommerd oor ‘beleërde polisie’

Argieffoto (Foto: SAPS)

Te min voertuie, ʼn gebrek aan brandstof en nie genoeg koeëlvaste baadjies nie. Dit is net sommige van die uitdagings waarmee polisiebeamptes elke dag sit en wat wegkalwe aan hul vermoë om gemeenskappe te bedien, sê die Vereniging vir Staatsamptenare (VSA). Die vakbond sê hy is ook toenemend bekommerd oor die probleme binne die polisiediens en doen ʼn beroep om “meer steun vir die beleërde polisiediens” te verskaf.

“Die ernstige uitdagings wat die polisiediens in die gesig staar, het ʼn uitwerking op hul vermoë om dienste te lewer – as steunpilaar in die samelewing – en om die hoë vlak van misdadigheid wat Suid-Afrika teister, te bekamp,” sê Reuben Maleka, woordvoerder van die PSA.

Afgesien van ʼn tekort aan hulpbronne sit die polisie ook met te min mense, sê hy.

“Die VSA vra deurlopend vir meer hulpbronne en die aanstel van bevoegde senior polisielede terwyl personeeltekorte, onvoldoende toerusting, waaronder ammunisie, en die hoë vlak van wanadministrasie en korrupsie steeds bedrywighede belemmer.

“Die VSA het onlangs sy kommer gelug oor personeeltekorte by die 10111-noodoproepsentrum waar baie noodoproepe onbeantwoord bly.”

Die VSA is voorts bekommerd oor die doeltreffendheid van Bheki Cele, minister van polisie, veral ná die bekendstelling van die jongste misdaadsyfers.

“Hierdie statistieke het gewys dat daar van April tot Junie verlede jaar altesaam 10 000 verkragtings aangemeld en 5 700 mense vermoor is. Die skoksyfers, afgesien van die uitwerking op die samelewing, het ook ʼn negatiewe uitwerking op buitelandse beleggings en toerisme waaraan die land ʼn dringende behoefte het om die sukkelende ekonomie te ondersteun en werkloosheid te bekamp.

“Die situasie berokken skade aan die goeie naam van eerlike en hardwerkende beroepslui wat burgers en gemeenskappe probeer beskerm en het ʼn uitwerking op hulle moreel.

“Die situasie word net erger met duisende bekwame polisielede wat na verwagting in die afsienbare toekoms gaan aftree.”

Die VSA doen ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa om dringend in te gryp, veral in die polisie se bestuur, en sê onbestendige bestuur dra by tot die polisie se probleme.

Die VSA doen ook ʼn beroep op gemeenskappe om polisielede te ondersteun en saam te werk om die vlaag van misdaad te bekamp.

“Die vereniging herhaal sy oproepe dat ʼn minimum vonnis van 80 jaar gevangenisstraf opgelê moet word aan mense wat skuldig bevind word aan die moord op ʼn polisiebeampte. Diegene wat skuldig bevind word aan die aanval van polisiestasies en die diefstal van vuurwapens en ammunisie moet soortgelyke swaar vonnisse opgelê word,” sê Maleka.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Danie ·

Nonsens.Die store le vol koeelvaste baadtjies hulle wil nie ou vooraad dra nie.?Voertuie word 80% vir privaatwerk en gunste gebruik.Kyk maar by skole en winkel komplekse wat staan daar.Weens korrupsie staan motorhawens vol voertuie dit word ingeboek vir n diens dan kry hy sommer n ratkas vervanging?Staan so 2 maande vir n diens en 8 maande verder vir ratkas as die reg is moet jy n kan saamvat vir petrol want hy is leeg getap asook n nuwe battery.Die polisie is n misdaad hool dis hoekom daar geen dienslewering is nie.

Laurika ·

Ja, maar toe ek dit in ‘n vorige artikel noem, was my kommentaar verwyder. My man het November 2022 bedank by die SAPD, na 30 jaar in ‘n taakspan. Hy moes daagliks ure lank wag vir spanlede of sy bevelvoerder, want die een vat sy vrou eers dokter toe, en daai een vat sy vrou eers vir kruideniersware, en dit als met staatsvoertuie en brandstof, in werksure. As jy dit so vat, 5 voertuie – elke ou spandeer R4000 brandstof vir privaat doeleindes per maand, dis R20 000.00 per maand wat kon betaal vir nog 1 Polisie lid op die straat. Elke ou maak soos hy smaak, as die een wil begrafnis bywoon in ‘n ander provinsie, dan werk hy net eenvoudig nie en ry met die staats voertuig daarheen, familie en al. Nee wat, daar word net geen verantwoordelikheid gevat of dissipline toegepas nie. Chaos.

domheks ·

Laat CR eers nog tronke bou! Veral vir al die kaders wat nog vervolg moet word.

Hoffie ·

Die beste steun vir die beleërde polisie is om van cele ontslae te raak

Mariana ·

In soveel jare het Cyril niks gedoen om Cele te vervang nie en hy gaan ook nie. Feit is dat daar nie genoeg belangstelling is om dinge in polisie reg te ruk nie. Die WIL is nie daar nie. Stel net in eie sake belang.

antieklimaks ·

Nie die regering of die SAPS gee om vir die mense wat hulle moet “dien” nie. Dalk individue hier en daar – laat ek nou nie grof veralgemeen nie – maar ons is net daar om soos melkkoeie gemelk te word om hulleself te verryk en gemaklik te laat leef. Hulle voel ‘n veer vir die publiek.

Helgard ·

Jaag net die minister weg, die ganse wêreld sien hoe onbevoeg hy is.

Vincent ·

Ou Cele se bende rampokkers beteken in elk geval nie veel nie!

Nie Verbaas ·

Reuben Maleka, bo alles het jy intelligensie, integriteit en die wil nodig om die werk te doen.

Anel ·

Verder, jy kan nie meer die ou vertrou saam met wie jy werk nie. Kyk maar die konstabel wat 40 is wat haar eie kind gemolesteer het. Sy was glo ‘n klerk. So moes op 35, daar rond aangestel gewees het, masr die ouderdom vir aansluiting is 30. Hoe nou!! Ek weet ok van speurders wat nie hul werk kan doen nie, want hulle het nie vervoer nie, MAAR by die een kantoor staan 16 voertuie wat slegs deur offisiere gebruik wor vir PJ’s!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.