Mafe weier weer om uit sy sel te kom

Zandile Christmas Mafe tydens ‘n vorige hofverskyning (Foto: RODGER BOSCH / AFP)

Die vermeende brandstigter Zandile Christmas Mafe, wat daarvan beskuldig word dat hy verlede jaar se verwoestende brand by die parlementêre kompleks in Kaapstad gestig het, het Vrydag weer geweier om sy sel by die  Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad te verlaat en het gevolglik wéér nie vir sy voorverhoor in die hooggeregshof opgedaag nie.

Dit is die derde keer dat Mafe volstrek weier om sy sel te verlaat om in die hof te verskyn.

Mafe het egter nie hierdie keer enige redes verskaf of eise gestel nie.

“Hy het bloot geweier om uit sy tronksel te kom,” sê Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Wes-Kaapse Nasionale Vervolgingsgesag.

Adv. Mervyn Menigo, staatsaanklaer, het Vrydag aan die hof gesê verskeie beamptes van korrektiewe diense, onder wie die hoof van die Pollsmoor-gevangenis, het probeer om Mafe te oorreed om uit sy tronksel te kom, maar hy het geweier.

Mafe het dit tydens sy eerste voorverhoor in Augustus verlede jaar tot by die hooggeregshof gemaak, maar toe geweier om uit die hof se aanhoudingselle te kom. Hy het aangevoer dat hy op ʼn hongerstaking is en dat hy uit sy bed by die Pollsmoor-gevangenis gesleep is.

Hy was nog in sy slaapklere geklee.

By die tweede voorverhoor het Mafe geweier om sy tronksel te verlaat tensy hy ʼn televisiestel, radio en ʼn ketel in sy aanhoudingsel kry. Mafe wou glo nuus luister, vir homself koffie maak en water kook om mee te bad aangesien die tronk se water nie warm was nie.

Luvuyo Godla, Mafe se regsverteenwoordiger, was ook vanoggend verbaas dat Mafe nie vir die voorverhoor opgedaag het nie.

Godla het aan die hof gesê hy het vroeër vandeesweek nog met sy kliënt vergader. Godla het Mafe tydens die konsultasie ingelig dat die verdediging beoog om die hof te vra om hom vir sielkundige waarneming te verwys. Mafe het daartoe ingestem en tydens die konsultasie gesê hy sal sy samewerking gee.

Regter Mokgoatji Dolamo het vanoggend gesê hy is ongemaklik daarmee om Mafe in sy afwesigheid vir sielkundige waarneming te verwys en het voorgestel dat die volgende hofverrigtinge by die Pollsmoor-gevangenishof gehou word om Mafe se bywoning te verseker.

Godla het dié voorstel gesteun, maar aangedui dat daar steeds geen waarborg is dat Mafe die verrigtinge sal bywoon nie. Daar is eindelik besluit om die saak uit te stel sodat Godla sy kliënt kan oorreed om die hofverrigtinge by te woon.

Die volgende voorverhoor sal nou op 10 Februarie plaasvind.

Mafe staan tereg op aanklag van huisbraak met die doel om ʼn brand te stig, brandstigting, terrorisme en diefstal. Die staat is gereed om met sy saak voort te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

miche ·

Want dis seker alte lekker daar binne met meer regte en voorregte as ons gehoorsame landsburgers!

Sêmanet ·

Ek sê ook so. M.a.w alle gevangenisse kan weier om uit hul selle te kom, dan is dit maar net so??

Tante Toekie ·

Die krimineel het gepraat! Nou sal ons hom moet akkommodeer

annie ·

Miskien is dit raat van sy verdediging dat hy later as ongeskik om te verhoor verklaar sal word en hospitaal toe sal kan gaan en later huistoe en soos al die hogeres langs sy vuurpoel uitrus.

Tanya ·

Van wanneer af het misdadigers dié reg verdien? Die keuse om te wil of nie te wil nie!

George ·

Nee kyk gaan lekker daar. DEMAND TV, Radio, koffie, keter en seker selfoon ook. Jy stap daar in, en n gryp hom en vat hom hof toe, maklik, eenvoudig.

Sandra ·

hy speel vir tyd, dis te lekker daar, bly verniet, eet verniet, als is verniet

elphia ·

Hou op om met hom te probeer onderhandel. Boei hom, boender hom in die vangwa en vat hom hof toe. Dis tyd dat hy boet vir al die skade wat hy aangerig het!

Nie Verbaas ·

Van wanneer af het hy n keuse of hy uit sy del wil kom of nie? O ja, ek het vergeet, die slapgat ANC is aan bewind.

Nico ·

Waar in die lewe kry misdadigers hierdie voorregte? My magtig man, nou moet die hof al die amptenare ens WEEREENS bymekaar kom vir ‘n volgende verhoor? Lekker geld mors. Sleep hom hof toe slaapklere of te not en kry die saak agter die rug!! Hy kan mos nie hiet en gebied soos by wil na willekeur nie?

Loun ·

Maklik, vat hom dan hardhandig, n paar warm klappe nodig om sy hardegat bietjie te versag.

Wielspore ·

Hom oortuig om die hof by te woon, gebruik ‘n taser, dit gee spoedige aanmoediging…. hie hie

Jacobus ·

Hy het nou agter gekom sy ANC hanteerders draai nou hulle rug op hom nadat hy hulle bevele uitgevoer het. Nou is dit lekkerder innie tronk vir hom as op straat.

Andrè ·

Ek is sprakeloos want as ek moet sè wat in my kop is gaan ek tronk toe

Perdeby ·

Wel lhoe langer hy weier hoe langer gaan hy sit, want borg is ‘n NUL vir hom. Vervolg hom sonder dat hy die verhoor bywoon.

isabelle ·

daar is goeie landsburgers wat daagliks geen krag het nie-so die ketel word nie gekook nie…so ook kan hulle nie tv kyk nie…
PATETIES dat n krimineel wat braaf genoeg was om misdaad te pleeg sommer nou se wat hy soek…Verder is verblyf gratis en ons ander sukkel om kop bo water te hou agv kriminele :(

Vonny ·

Sommige mense sal enige iets doen om die nuus te haal.
Geluk jy kry dit reg! Well done

Peter ·

En die regstelsel laat hulle voorsê deur die …., really, absolute banana republic

Hannelie ·

Maklik……maak hom aan die slaap. Sleep-dra hom hofsel toe en laat hy daar sit tot hy wakker word. En as hy weier om te eet…..moet hom nie forseer nie asseblief, want dit gaan nie lank wees nie dan hoef ons nie meer ons belasting te gebruik om vir hom ‘n plekkie te betaal in die tronk nie.

Anel ·

Kry ‘n bytmasjien. Hulle oorreed mens baie gou. En sy toon. Verhoor hom sonder dat hy teenwoordig is. Lê hom die swaarste straf op. Hy wil hom mos nie verdedig nie. Maar my!!!!

Papsak ·

Lekker daar binne eet gratis kry als verniet en ja die belastingbetaler moet vir hom sorg daarom like hulle die tronk

Republikein in die Wes Kaap ·

Mafe, sê net jy erken nie die regering nie en weier om verhoor te word alvorens staatskapers in die tronk is. Dan sal die publiek jou ondersteun.

Elma ·

nou maar los hom net daar. Vir altyd en ewig. Is mos dan vir hom so lekker.

Charmain ·

Dart hom en as hy bykom sit hy in die hof! Dis n skande dat kriminele die regstelsel so kn manupileer

Johann ·

What the……? Hoe de zir kry hy dit reg? Of hou hy net by wat hom voorgesê word? Mag enige persoon dit doen en daarmee wegkom? Of is dit die nuwe vlak van ubuntu in die reg stelsel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.