Vyf verdagtes wat moontlik aan gewelddadige misdade in Muldersdrift, Johannesburg, verbind kan word, is Woensdag in hegtenis geneem.
Die inhegtenisnemings kom ná ‘n gesin verlede week in Muldersdrift met vuurwapens aangehou en beroof is, berig EWN. Owerhede beskryf dié inhegtenisnemings as ‘n “reuse deurbraak” in die stryd teen misdaad in dié gebied wat die afgelope jaar deur verskeie aanvalle geteister is.
EWN berig verder die polisie in Gauteng glo die vyf mans wat aangekeer is, was deel van ‘n sindikaat verantwoordelik vir onlangse gewelddadige huisbrake en rooftogte in die gebied. Die mans is in hegtenis geneem nadat ‘n gesteelde kredietkaart in Diepsloot opgespoor is.
“Die polisie het ook beslag gelê op ander goedere wat in die voorvalle geroof is,” het sup. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. Dlamini sê ‘n voertuig is ook opgespoor, berig EWN.
Die mans sal Donderdag in die landdroshof in Krugersdorp verskyn.
Die beriggie laat net meer vrae ontstaan?
Is van hulle dieselfde vloeke wat die skooldogter geskiet het, gevang is en weer losgelaat is?
Met watter ander aanvalle word hulle verbind?
Gaan hulle weer losgelaat word soos die vorige arrestasies?
Is van hulle of hulle medepligtiges polisiebeamptes?