Landbou, grondhervorming en die ANC

grondhervorming-320x213Die emosie rondom grondbesit in Suid-Afrika is die laaste tyd besig om deur verskeie rolspelers nog hoër opgeblaas te word. Dit bring mens noodwendig by die punt om ontledend die hele aangeleentheid in oënskou te neem.

Die vraag is natuurlik of dit wat die ANC in beplanning het, belyn kan word met die denke en standpunte van soveel rolspelers wat hieroor ʼn eier te lê het.

ʼn Paar aspekte moet net eers uitgeklaar word.

Die argumente word deur al die planmakers vanuit die verwysingsraamwerk van ʼn ekonomiese bestel, waar privaat besitreg steeds die basis is vir ekonomiese aktiwiteite, gevoer. Daarmee saam ʼn vrye mark wat vir die ekonomiese werksaamhede bepalend is. Is dit die werklikheid? Indien die uitsprake, maar daarmee saam die wetgewing wat geïnisieer word deur die ANC, ontleed word, kom ʼn ander prentjie na vore.

Word daar nie vanuit regeringskringe gestreef na gesentraliseerde sosialisme nie, terwyl al die entrepreneurs hul beplanning en berekeninge doen vanuit ʼn kapitalistiese beskouing? Die ANC speel vir die argument met sokkerreëls, terwyl die privaat sektor op dieselfde veld met rugbyreëls speel en dan nie kan verstaan hoekom daar so baie strafskoppe teen hulle gegee word nie.

Die eerlike langtermynbenadering van die ANC en sy bondgenote (Cosatu en SAKP) oor die ekonomiese stelsel wat Suid-Afrika gaan hê, behoort uitgeklaar te word. Dit behoort bepalend te wees vir enige belegger oor hoe daar oorweging geskenk gaan word om wel betrokke te raak in die ekonomie en ook op watter wyse.

Dit is egter nie die enigste aspek wat uitklaring verg nie. Al is daar konsensus dat privaat besitreg as een van die kritiese aspekte die beste stimulus is om ekonomiese groei te bewerkstellig, is daar nog te veel aspekte wat negatief inspeel op beleggingsvertroue. Geen duidelikheid bestaan oor wat die ANC self wil doen of bereik nie. Die onduidelikhede tussen die verskillende departemente met uiteenlopende en selfs botsende uitsprake maak dit amper onmoontlik om met hulle te kan saamwerk. Die gevoel ontwikkel dat die ANC ideologies binne homself verward is.

Die enigste twee aspekte wat die alliansie nog kan voorhou om polities te probeer oorleef, is die sogenaamde onderdrukkende geskiedenis en dan die belofte van grond aan al die mense. Dit is binne hierdie onstabiele en veranderlike omgewing waar verantwoordelike burgers van die land oplossings moet soek.

TLU SA oordeel dat talle rolspelers baie te sê het oor wat landbou en meer spesifiek wat die boere moet doen. Verstaan hierdie mense regtig die proses waardeur die boer moet gaan om al die risiko’s te bestuur; om die produksiefaktore met ʼn stroom van veranderlikes sowel as ongegronde beskuldigings oor gronddiefstal en onseker veiligheidstoestande alles bymekaar uit te bring in klimatologiese omstandighede wat opsigself baie uitdagings bied ten einde wins te maak?

Hierdie boere van Suid-Afrika wat in die onseker omstandighede steeds kos produseer, kan beskou word as seker die grootste bate wat die land kan hê!

Landbou se primêre rol is om kos te produseer. Die mark is die enigste meganisme wat op die lang duur kan bepaal wie die beste boere is. Gaan die mark in die toekoms nog die geleentheid kry om sy rol te speel?

Met dít as agtergrond word die boere al hoe meer uitgelewer aan die ANC se grondhervormingsproses. In die vorige ronde van eise was daar ongeveer 80 000 eise wat nou nog nie afgehandel is nie. Volgens die departement verwag hulle vir die volgende vyf jaar wat die eise weer oopgestel word, ʼn verdere 379 000 eise. Dit gaan nie op net plaasgrond ingedien word nie, maar op alle grond in die hele land. Teikens van 20% wat nog oorgedra moet word, is telkens deel van die retoriek.

Die ironie is dat na al hierdie jare, die ANC-regering verskeie planne geïmplementeer het wat telkens die toets van ekonomiese volhoubaarheid klaaglik gedruip het.

Suid-Afrika is vasgevang (ten minste vir die korttermyn) in hierdie onhaalbare ideologiese spel van ʼn regering wat steeds “struggle” en nog nie by die punt kon uitkom om te begin regeer nie. Met dít in gedagte, het TLU SA reeds in 2005 ʼn voorstel gemaak waar hulle teikens bereik kan word sonder dat enige grondeienaar se titelakte in gedrang gebring word anders as deur eie keuse nie.

Die landbou-omgewing word gestabiliseer deur hierdie voorstel en voedselsekerheid word nie aangetas nie. Enige regdenkende persoon (of regering) sal, indien daar ʼn tikkie van verantwoordelikheid teenwoordig is, só ʼn voorstel aangryp.

TLU SA se doel is om die kommersiële boere veilig en volhoubaar op hul plase te hou. Persone wat die voorstel van TLU SA wil bekom, is welkom om dit by [email protected] aan te vra.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Bennie Van Zyl

Meer oor die skrywer: Bennie Van Zyl

Bennie van Zyl is hoofbestuurder van die Transvaalse Landbou-unie.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

G Eloff ·

Daniel 11 :39 Hy deel grond uit as n beloning , hy dien die “god of forces” (korrek vertaal) . 43- Die Libiers en Kusiete (afrika) is sy voetsoldate .Hy organiseer “mob rule” vir hulle , wat doen hulle vir hom ? Lees self . Anders moddereer dit uit . Waar sit hy ? Ezra Pound ” In our time, the curse is monetary illiteracy, just as inability to read plain print was the curse of earlier centuries.”

G Eloff ·

Daniel 11 :39 Hy deel grond uit as n beloning , hy dien die “god of forces” (korrek vertaal) . 43- Die Libiers en Kusiete (afrika) is sy voetsoldate .Hy organiseer “mob rule” vir hulle , wat doen hulle vir hom ? Lees self . Anders moddereer dit uit . Waar sit hy ? Ezra Pound ” In our time, the curse is monetary illiteracy, just as inability to read plain print was the curse of earlier centuries.”

G Eloff ·

Miga 2:6 se dat ons moet nie nou ‘ huil nie . Ons moet dalk soek in die Skrif of daar dalk op ander plekke gebeur het dat die mense van die Bybel hulle grond verloor het , belasting moes betaal aan vreemde volke , hulle hoogtes afgebreek is ens EN waarom . Dieselfde scenario , Wie laat dit gebeur ? Mkwinti? Mba of Bah of Zu ? Aowa . Iemand al gedink dat ons moet terugkeer na ons God ? As ek Handelinge 4 noem se ander , veral mevrou boer ek is n kommunis . Wat dink jy Bennie ?

G Eloff ·

Miga 2:6 se dat ons moet nie nou ‘ huil nie . Ons moet dalk soek in die Skrif of daar dalk op ander plekke gebeur het dat die mense van die Bybel hulle grond verloor het , belasting moes betaal aan vreemde volke , hulle hoogtes afgebreek is ens EN waarom . Dieselfde scenario , Wie laat dit gebeur ? Mkwinti? Mba of Bah of Zu ? Aowa . Iemand al gedink dat ons moet terugkeer na ons God ? As ek Handelinge 4 noem se ander , veral mevrou boer ek is n kommunis . Wat dink jy Bennie ?

SJ Botha ·

Twee grond eisie wat nog gedoen moet word:

Herstel van die ZAR en Die Vrystaatse republieke.

Die 1914 datum was politiek gekies om die ANC te pas, maar regverdig is dit beslis nie, inteendeel dit gekies om die Boere volk se aanspraak finaal te probeer kelder.

SJ Botha ·

Twee grond eisie wat nog gedoen moet word:

Herstel van die ZAR en Die Vrystaatse republieke.

Die 1914 datum was politiek gekies om die ANC te pas, maar regverdig is dit beslis nie, inteendeel dit gekies om die Boere volk se aanspraak finaal te probeer kelder.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.