Kobus Wiese gaan wenke deel tydens sakeontbyt

Kobus Wiese (Foto verskaf deur AfriVriendelik)

AfriVriendelik, in samewerking met die burgerregteorganisasie AfriForum, bied op 30 Mei 2019 ’n sakeontbyt by Durbanville Hills in die Wes-Kaap aan.

AfriVriendelik is ’n projek wat hom vir die uitbou van kleinsakeondernemings en entrepreneursprojekte beywer. Dié organisasie bied jaarliks netwerkgeleenthede vir entrepreneurs en besighede reg oor Suid-Afrika aan en kry ’n bekende spreker om bywoners te kom inspireer met dit wat hulle al bereik het.

Die rugbylegende en koffiekoning Kobus Wiese, wat sedert 1996 die eienaar van die bekende Wiesenhof-koffiefranchises oor Suid-Afrika heen is, is vanjaar se spreker. Wiese was deel van die Springbok-wêreldbekerkampioenspan wat in 1995 teen die All Blacks geseëvier het. Hy gebruik sy ervaring op die veld om te demonstreer hoe motivering en spangees noodsaaklike aspekte vir enige soort sukses is.

Kom kuier saam met hom en ander entrepreneurs by Durbanville Hills op 30 Mei 2019 om 07:30 tot 09:00. Gaste kan ook na ’n lekker geskenkpakkie en ’n heerlike ontbyt uitsien, soos net Durbanville Hills dit kan opdis.

Bespreek jou plek voor 27 Mei 2019 aanlyn hier of stuur ’n e-pos na [email protected]. Die koste is R250 p.p. Lede van die Solidariteit Beweging kom in aanmerking vir ʼn spesiale afslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.