Dié vroeë waarskuwingstelsel kan jou veilig hou

Dis ʼn koue donker nag. Jy hoor iets buite ritsel en kraak … Jou hart klop in jou keel, jy gaan haal jou seun se krieketkolf en wonder wat gaan jy nou maak.

Vir baie van ons is dit ons grootste vrees: om in jou eie huis of selfs in jou bed deur ‘n aanvaller onkant betrap te word.

Die Drongo- vroeë waarskuwingstelsel kan die verskil maak tussen lewe en dood, want dit is ontwerp om jou so vroeg as moontlik te laat weet wat aangaan. Dit bied aan jou die tyd wat jy nodig het om sinvol te reageer en jou familie veilig te hou.

Drongo gebruik koordlose waterdigte sensors wat jy strategies om jou huis plaas. Dié sensors kommunikeer na ‘n VoiceAlert-basiseenheid in jou huis wat jou sal waarsku. Wat die Drongo VoiceAlert so uniek maak is die feit dat dit jou in jou eie vooraf opgeneemde stem waarsku. As jy byvoorbeeld ‘n sensor (“beam”) buite by jou Wendyhuis opgesit het, dan sal die Drongo VoiceAlert jou wakker maak met “Daar is iemand by die Wendyhuis”. Jy weet dus presies wat aangaan, nog voor jy jou oë oopgemaak het.

Drongo is gerat vir Eskom se manewales, want die sensors se batterye hou tot twee jaar, en die VoiceAlert-basiseenheid het sy eie bystandbattery wat tot vier dae hou.

Die koordlose tegnologie het ‘n reikafstand van tot 300 m tussen die sensor en die basiseenheid. Jy kan dus ‘n uitgebreide area dek sonder veel moeite – veral as jy in gedagte hou dat jy soveel sensors kan byvoeg soos wat jou hart begeer (en jou beursie toelaat!).

Die Drongo-stelsel is baie maklik om te installeer. In meeste gevalle kan gebruikers dit sommer self doen, veral met die beskikbaarheid van verskeie YouTube-video’s wat jou wys hoe om dit te doen. As jy met 10 duime gebore is, kan jy darem ook staatmaak op ‘n netwerk van agente landswyd wat jou met verskaffing en installasie kan bystaan.

Drongo word trots in Suid-Afrika vervaardig en versprei deur Polygon Technologies. Besoek gerus www.drongo.co.za vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.